Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Ah Willa on February 04, 2013, 09:50:35 AM
-
Nou ja julle
ek had my uurtjie hier en ontbyt klaar ge-eet ...
Theo en ek gaan nou saam Trevor ons verwaarloosde tuin aanpak - die swembad moet helemal toe en so baie ander dinge ...
ek sal later kom vertel
nou gaan ek in die aangesig van my sweat, my brood verdien
lekker daggie
-
Voorspoed Willa, lekker werk.
-
Sterkte, vandag is ook vir my 'n ordeskep-dag vir die huis.
-
Ons het nou hier aangeland en die plekkie wat ons gekry het is heel skaflik. Dit reen heerlik en ek is dankbaar ek hoef nie te skrop en skuur voor ek kan uitpak nie. Gelukkig is die dag so te se^ om en almal het seker klaar gewerk.
-
Is nooit klaar gewerk hier by ons nie ...
vandag gaan dit voort - voortuin omspit - grond na swembad wat nou grondbad is - Theo se gunsteling nuwe speel plek ...
Sal so bietjie later fototjies kom deel van die werk ...
as die swembad toe is en die gras weer groen is, dan moet ons die een buitemuur versier - want dit lyk oud en skilver af ...
daar is binne mure wat nog geverf moet word en die kombuis se kaste moet oorgedoen word ......
so as enigeiemand niks het om te doen nie ... kom val gerus hier in :hello2:
-
Mooi so, ek is bly julle is goed op dreef. Ek sou graag wou kom "inval" met koffie en kletspraatjies. :angel4:
-
Die dag het toe 'n Autistic draai gehad - niks lekker nie ... soms vang mens so in die lug 'n moontlike rustigheid ... ai - tyd sal seker darem nog leer ...
die werk het darem ook goed gevorder, maar ons het liefs vroeg uitgetree .. dis vrek warm in die mooi Kaap en die swaeltjies hang onderstebo vir 'n druppeltjie koffie ...
so bly hier wag toe koffie en koekies ....
-
Ek glo dat vandag 'n heerlike dag vir julle sal wees. :love7:
-
THeo is DUIDELIK omgekrap met die lewe - maar ons weet nie hoekom nie ... en hy kan nog nie in woorde se wat pla nie ...
sommer vroeg-vroeg al stressvol ... maar genade van Bo kom vinnig na benede ...
vandag moet die grond binne in die swembad gelyk kom ... dis al om die kant in 'n hoop gegooi ...
is hier enige iemand wat 'n tip het met SANDVLOOIE - voordat ons die grasplant ... dis nogal n groot probleem in Goodwood/Milnerton area
ons het kooigoed (wat die Kooi mense as kooi goed gebruik het) in die swempad gegooi - so dit word goed gemeng met al die grond wat in kom .. dit hou glo vlooie weg
maar enige ander raad, sal werklik waardeer word