Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Fransi se plek => Topic started by: Fransi on February 02, 2013, 11:20:14 AM
-
:hello:
-
Dit is uitstekend geskryf. Dit tower die beelde voor my geestesoog op. Pragtig Fransi.
-
Dankie PM.
-
Ek het net gou die twee woorde in die gedig se titel kom vasmaak. Ek hoop dit is hoe jy dit bedoel het Fransi. Hierdie is werklik een van my gunstelinge.
Panteïsme is 'n geloofsiening dat God en die natuur een en dieselfde entiteit is,
dit wil sê God is alles en alles is God.
Diffusie is ‘n tydafhanklike proses, wat die willekeurige beweging van gegewe entiteite uitmaak, en veroorsaak dat die statistiese verspreiding van hierdie entiteite in ‘n gegewe ruimte versprei.
-
Ek is passievol oor die Skepping en God van Hemel en Aarde en toe ek die title sien het ek gewonder wat loer en wag hier ..... :toothy4:
en wat kry ek :wav:
die mooiste mooi string ingerygde pȇrel-woorde!!
Een van my oupagrootjie se baie plase was Palmiet - hy was daar gebore,
die gedig het my ondmiddelik aan hom laat dink. Hy het Palmiet van my groot-oupa-grootjie ge-erf,
en daar kan ek julle baie dinge vertel rondom panteïsme en diffusie en vrymeselaars ...
so hoe gepas dat die prag gedig my weg gevoer het in 'n woordegang van die mooiste mooi,
maar ook laat onthou het van 'n oupa-grootjie en 'n groot-oupa-grootjie van Palmiet.
Elke woord van jou prag gedig sluk my in ...
maar die is die mooiste verby :
en pen wolke in kuikendons
die wit en grys van duif.
-
Dankie PM. Dit is reg so en dit sluit ook aan by universeel, uniek en dualiteit.
Dankie Willa, ek is so bly dat die gedig jou kon terugvoer na eie herinneringe. :-)
-
Dit is pragtig en ek geniet elke versreël.
en vuurvlieg hang die melkweg
aan die voet van palmietstam.
Ek sien hoe die sterretjies op die rivier skitter en ligvoet dans tussen die waterplante.
-
Trippel WOW Fransi!!! Boektoegehalte deur en deur :book1:
-
:hello:
Dankie PM en Meraai. :-)