Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: adele on January 25, 2013, 10:12:26 PM

Title: miskraam
Post by: adele on January 25, 2013, 10:12:26 PM

“Here, U het lewe gegee”
het sy deurentyd gebid
want vier keer geleen
en voor ’n hartjie klop,
weer geneem,
maak hulle hierdie vyfde keer
vol angs
en vrees

“Heer, net U kan lewe gee”
Title: Re: miskraam
Post by: Meraai vannie Baai on January 25, 2013, 10:23:41 PM
Nou voel hierdie grond heilig soos wat PM dit een keer uitgedruk het.
Title: Re: miskraam
Post by: PM on January 26, 2013, 10:11:22 AM
Dit gaan hand aan hand met teleurstelling, pynlike hartseer en jare se gewonder.  Daar is eintlik nie woorde om dit te beskryf nie. 

Jy het dit goed bewoord Adéle. 
Title: Re: miskraam
Post by: adele on January 26, 2013, 09:49:55 PM
dankie julle dierbare mense

dit gaan nou nog goed [vlg haar dr en haarself] en ek gaan my kommer en dit wat ek raaksien, begrawe onder Hoop en Geloof.

Eben se 2 maande pynprobleem het ons stad toe gejaag en so is ons [weer] in die stad toe kinders ons nodig het, net soos desembermaand toe my seun se meisie 'n keisersnit-geboorte gehad het, net ons Here kan alles altyd so presies reel. prys en loof Hom.

 :grommit: 
Title: Re: miskraam
Post by: adele on January 29, 2013, 11:26:35 PM
ons meisiekind is in teater, buisswangerskap het haar tweede buis geskeur, die eerste ene reeds 'n paar jaar gelede verwyder
net ons Hemelse Vader troos ons nou, groot Sy Naam
ons vra nie hoekom nie, Hy weet en dis genoeg vir ons.
Title: Re: miskraam
Post by: PM on January 30, 2013, 07:03:38 AM
Daar is nie woorde om te troos nie Adéle.  Hier is 'n drukkie vir julle almal.  Hou ons asseblief op hoogte.  Ons dra julle op die hart matertjie. 
Title: Re: miskraam
Post by: adele on February 03, 2013, 09:09:07 AM
ai julle dierbare vriende, hier is die nuutste... ons is weer in Bloemfontein...

Susan het toe als verloor, maar met daardie skeur van die buis [sy was toe mos nog tuis] was sy badkamer toe, flou geword en met die val haar enkel gebreek... daarom het sy 'n dubbel-operasie gehad, gyne het die buis verwyder en ortopeut die enkel vasgeskroef... nou sukkelloop sy met krukke en tussenin in rolstoel want die magiepyn is nog erg en sy mag vir paar weke gladnie op daai voet trap nie ...  die emosionele gevoelens van die verlies sal ons later verwerk en oor huil.

 :grommit: 
Title: Re: miskraam
Post by: PM on February 03, 2013, 09:46:21 AM
Ag nee!  Gee vir haar 'n spesiale drukkie matertjie. 
Dit fisiese pyne gaan gou opklaar, sy sal baie ondersteuning nodig hê vir die res. 
Sal sy nou weer kan swanger raak?
Title: Re: miskraam
Post by: Ah Willa on February 03, 2013, 10:37:04 AM
Gebeds vlerke wapper na Bo
By Sy troon van liefde en genade
laat ons elkeen van julle saggies neer
die einas kan ons nie meer keer,
maar Sy liefde gee om en sal dra
en ons knie bly gebuig sonder ophou.

liefdetjies
Title: Re: miskraam
Post by: adele on February 03, 2013, 12:07:04 PM
dankie Willa, jy gee 'n kosbare gebed aan ons.

nee, Petra, haar 1ste swangerskap paar jaar gelede was ook 'n buisswangerskap wat toe verwyder moes word, toe het drie miskrame gevolg en nou die ander buis verloor
hulle kan seker eendag tegnologie van inplanting [seker proefbuisswangerskap of so iets] probeer, maar nou hulle eers rou oor hierdie verlies. sy het al vroeer genoem dat sy nie graag hierdie tegnologie ondersteun nie.

 :grommit:
Title: Re: miskraam
Post by: Fransi on February 03, 2013, 01:16:41 PM
So, so jammer oor hierdie groot eina.