Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die Gorrel plek => Topic started by: PM on January 22, 2013, 07:12:59 PM

Title: Lekker kuier ek so by my selwers
Post by: PM on January 22, 2013, 07:12:59 PM
 :bootyshake:  Ek dans die forumdans.  Al dans ek nou alleen, is dit maar ook goed so.  Dit is beter om te dans en 'n loflied te sing, al doen jy dit alleen, as om in sak en as te sit en te tob. 
Ek het soveel om voor dankbaar te wees.  Vrydag gaan ek huis toe en dit gaan baie beter met my Ouma Naas.  Ek wikkel my stertjie.   :bootyshake:
Title: Re: Lekker kuier ek so by my selwers
Post by: Meraai vannie Baai on January 22, 2013, 11:29:11 PM
Staan opsy suster, jy het 'n dansmaat gekry  :love1:
Title: Re: Lekker kuier ek so by my selwers
Post by: PM on January 23, 2013, 09:00:23 AM
As dit nie vir my paar vriende hier op die forum was nie, sou ek 'n eensame dood gesterf het.   :bootyshake: :occasion14:
Wanneer Hannes nou met pensioen is, dit is nou te sĂȘ sodra sy pensioengeld begin uitbetaal, sal ons weer ons ou vriende opsoek en die bande verstewig.  Om so te "travel" verloor 'n mens meer as wat jy kan besef.