Die Afrikaanse Forum
		Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on May 23, 2011, 08:41:37 PM
		
			
			- 
				Ek tuur oor Bloubergstrand.
 Branders golwe en see.
 Deinstig skyn die heimwee
 deur mistigheid.
 
 Dof deur newels flikker
 moederstad se liggies
 soos karoogehuggies
 se vetkerse
 
 Verlang se skoene loop
 met my die berge oor
 om te verdwaal nog voor
 ek koers kan kry.
 
 Verdwaal in die onthou
 van jare lank geleƫ.
 Met kinderlike tree
 Waggel ek voort
 
 Waggel ek deur gange
 deinstig in tyd verdof
 Rakke onthou, vol stof
 Raam die mure
 
 Ek tuur oor Bloubergstrand
 en ek leef die gisters
 van gekoekte susters,
 verlos in nou.
 
 
 
 :icon_bigsmurf:
- 
				Ek hou van die titel.  Die inhoud slaat my oor die kop!  Ek hou van "verlang se skoene"  en "Karoogehuggies se vetkerse". 
 
- 
				Sjoe, mal oor jou metafore en vergelykings. Tweede laaste strofe veral wow!