Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Die Gorrel plek => Topic started by: PM on January 17, 2013, 04:53:08 PM
-
Hierdie week is dit die begin van die Waterdraer en die Huisgenoot het dit so weergegee:
Die Waterdraer:
Die karakter van die waterdraer
Waterdraers is intelektueel en idealisties, maar ook vasberade met vaste menings. As jy eers 'n besluit geneem of 'n mening gevorm het, kan ander weining doen om jou daarvan te laat afsien. Jy doen dinge op jou eie manier, dikwels met genialiteit. Al is jy jou tyd ver vooruit en verstaan die samelewing jou verkeerd, maak jou intuisie en insig jou 'n fakkeldraer vir jou geslag.
Jy is heel onafhanklik en druk jou aweregs uit; daarom is die lewe saam met 'n waterdraer selde vervelig. As dinge te eentonig raak, sal jy die status quo aanvat. Jy loop die gevaar om sonder 'n rede te rebelleer; tog kan 'n doelgerigte waterdraer hemel en aarde ter wille van die mensdom versit. Danksy jou sterk mensliewendheid kan jy vir die regte van alle mense veg. Jou leuse is: gelykheid vir almal.
Uranus word met die lugteken waterdraer verbind. Onafhanklikheid, opbjektiwiteit, rebelsheid en onvoorspelbaarheid is fasette van die ietwat afgetrokke denkers. Elektrisiteit, weerligstrale en aardbewings hou simbolies met Uranus verband. Jy beroep jou maklik op skoktaktiek om ander uit 'n groef te kry.
-
Baie interessant.
-
Onder watter sterreteken is jy gebore Fransi? In die westerse kultuur is ek 'n Waterdraer en ek val onder die Sjinese "Rabbit".
-
Dit lyk of dit nogal ingewikkeld kan raak. Ek het nou die gratis geboortekaart in astrologie gedoen. :-)
Rising Sign is in 12 Degrees Capricorn
Sun is in 04 Degrees Gemini.
Moon is in 10 Degrees Cancer.
Mercury is in 14 Degrees Gemini.
Venus is in 24 Degrees Aries.
Mars is in 01 Degrees Libra.
Jupiter is in 02 Degrees Scorpio.
Saturn is in 15 Degrees Libra.
Uranus is in 02 Degrees Sagittarius.
Neptune is in 26 Degrees Sagittarius.
Pluto is in 24 Degrees Libra.
N. Node is in 13 Degrees Cancer.
Ek dink by die Sjinese is ek 'n hond. :-)
-
Dit is nogal omvattend. Daar is soveel faktore wat ons verskillend maak van mekaar. Het hulle vir jou 'n karakterkaart gedoen? As jy sal deel sal ek graag wil lees.
-
Nee, nie regtig nie, maar dit was so interessant dat ek verdere artikels daaroor gelees het. Ek sal dit vir jou stuur. Hou jy van numerologie? Dit is weer vir my nogal akuraat. Dit alles laat my dink aan handpalms lees waar die linkerhand die potensiaal is en die regterhand veronderstel is om die werklikheid (pad wat jy gevolg het) uit te beeld.
-
Ek het Linda Goodman se boek oor numerologie (as dit nie verspoel het nie) maar ek het dit so lank laas gelees, het al die meeste vergeet. Ek sal weer my kennis 'n bietjie moet opknap.
Van Palmlees weet ek niks. Ek het mos in die era grootgeword dat al hierdie goed uit die bose is. :icon_biggrin: Gelukkig besef jy later dat dit net nog 'n wetenskap is. Dit is iets wat ek ook graag meer van wil weet. Stuur gerus, ek lees graag.
-
Ek het ook grootgeword met die gedagte dat hierdie verbode dinge is. :-)