Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on January 15, 2013, 09:36:08 AM
-
Ek lag so vir ons swart skoonmakertjie hier waar ons tuisgaan. Sy is baie skerp en het nog 'n sin vir humor daarby. Sy mimiek haar baas uitstekend met handgebare en al, wat vir ons baie vermaak verskaf, maar 'n mens tog laat besef hoe jy as werkgewer opgesom word.
Na 'n paar dae se gespook is die woonplek en die tuin in 'n heel aanvaarbare toestand.
"Tannie", sê sy gister vir my.
"Ek is nie meer skaam om hier te werk nie."
Ek vra toe vir haar hoekom is Balfour se strate so vuil en vol gemors, hoekom leer hulle nie die mense om nie so te mors nie, waarop ek hierdie antwoord kry, met handgebare en al:
"Sal jy 'n vark wat in die modder gerol het vat en gaan bad? (Sy "tel die vark op" en maak asof sy hom bad.) Nee jy sal nie, jy sal net jou tyd mors." en sy gooi die vark eenkant. :icon_biggrin:
-
Ek sien en hoor!! :icon_biggrin:
-
:icon_biggrin: sonder beduie sal hulle nie kan praat nie, maar oulike manier van spreke.
-
Hie hie hie! Sien ek die prentjie! Balfour is rêrig 'n "kakkerige" ou plekkie.
-
Nogal 'n ander manier om daarna te kyk.
-
Hallo Dawie, gaaf om jou weer hier raak te loop.
Sy is oortuig daarvan dat jy die aap uit die bos kan haal, maar nooit die bos uit die aap nie. :icon_biggrin: