Die Afrikaanse Forum
		Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on May 23, 2011, 08:32:14 PM
		
			
			- 
				Soos kunstig vlinder vlerke
 los jy vlugtig kleurvol spore
 in die harte van jou mense
 
 Van vervlenter kaalvoet klonkie
 wat vrolik sing in die reën
 tot hartseer uitset woede
 was op jou verhoog gespeel.
 
 Eenheid in die reënboog
 van jou vlietende bestaan.
 Skilder jy die toekomspad
 waarop jou nuwe land sou gaan?
 
 Kortstondig was jou vlinderspore
 soos trane oor die wang
 maar diep getrap in seer onthou
 lê jy nog in lief en leed vasgevang.
 
 Sal daar eendag uit die seer-oogvlek
 teen tafelberg se hang
 ‘n nuwe vlinderdrama
 Uit die rommel op kan staan?
 
 
 :icon_bigsmurf:
- 
				Gevoelvol skep jy die beelde en die emosies Naas.  Dit is uitstekend!  
			
- 
				Snaaks. Hierdie was vir my een van my better gedigte en net een komtaar.
 
 
 
 :icon_bigsmurf:
- 
				As jy nie hier kommentaar kom lewer het Naas, het ek dit helemal gemis  :crybaby2:
			
- 
				Ek hoor en ruik die Kaap. Hou van jou gedigte.
			
- 
				As ek dit nie mis het nie Naas, is hierdie mooie gedig van jou ook in 'n ander gleuf geplaas.  Ek sal bietjie gaan loer.