Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Meraai vannie Baai on January 01, 2013, 02:26:30 AM

Title: 2013
Post by: Meraai vannie Baai on January 01, 2013, 02:26:30 AM
Mag 2013 vir ons almal toegevou wees in Genade. Dankbaarheid vir die kleinste vreugdes & seëninge,
en bowe al - die deursettingsvermoë om te deel/verwerk met wat ookal op ons lewenspaaie kom.
My wens vir jou: dat ons die kontras en chaos tussen lig en donker sal insien as die verwewing van
elkeen se 'Lewensprentjie'. Ek skink 'n glasie pienkborrels vir elkeen wat vandag/vannag, hier verby kom!
 :love7: :notworthy: :hello2:
 
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/2013_zpse2f8b6cc.jpg)
Title: Re: 2013
Post by: AB on January 01, 2013, 08:23:43 AM
Dankie Marietjie. 19...2013 het nou hier by ons ook aangebreek, en wat 'n rustige aanbreek was dit nie. Ek en vrou het al teen 11 uur gaan slaap en eers 5 uur wakker geraak. Daar het die nuwe jaar aangebreek sonder dat ons eers wakker was. Dis maar net nog 'n dag in die lewe vir ons maar nou ja mag dit 'n goeie en voorspoedige 2013 vir elkeen wees en mag dit wat julle my toewens julle ook toeval.
Title: Re: 2013
Post by: Fransi on January 01, 2013, 08:36:39 AM
 :hello:

Dankie Meraai en mag daar baie lig wees vir jou en joune in hierdie jaar- sonlig en maanlig en dieselfde ook vir almal hier op die forum en hulle geliefdes.
Title: Re: 2013
Post by: Aspoestertjie on January 01, 2013, 04:26:19 PM
Ek onthou 2012 asof dit gister was.
2013...  :icon_scratch: Jy's reg AB. net nog 'n jaar. Ons sal maar sien hoe lank sy blaadjie skoon bly.
Mag 2013 die jaar wees wat 2012 al in 2011 moes gewees het maar nooit in 2010 was nie.



 :mumum:
Title: Re: 2013
Post by: Angelica on January 01, 2013, 07:00:06 PM
Ai, Meraai, wat 'n lieflike prent!
Sal my nie verbaas as dit jou tafel vir jou familie is nie.
Dankie vir jou wense.  Ook vir my, want ek het dit dan gelees... (smile).
Ek wil die wens so draai dat jy dit ook sien, ook lees, want dit is die mooiste wense vir 'n nuwe jaar.


Title: Re: 2013
Post by: Meraai vannie Baai on January 01, 2013, 11:01:09 PM
 :icon_bigsmurf: Angelica dit was onse tafel wat 'feesseisoen' geskreeu het in groen en rooi. Die wens wat jy gedraai het, het my vanoggend liefdevol nader genooi en ek vou dit soos jas om ons gesin se skouers. Dankie Fransi en Assie ook vir julle inloer hier. Mag daar nog vele nuwe jare vir ons almal saam wees  :love7:
Title: Re: 2013
Post by: PM on January 05, 2013, 05:44:48 AM
Is nooit te laat om goeie wense te deel nie.  Dit is 'n voorreg om ook by jou tafel aan te sit en die liefde en krag wat daaruit straal, in te drink! Dankie matertjie, al die mooiste wense ook vir jou en joune.  (Ek lief Fransi se aanhaling.)
Title: Re: 2013
Post by: Meraai vannie Baai on January 05, 2013, 12:21:43 PM
Ek lief Fransi se pragtige woorde net so PM!! Dankie ook vir jou inloer hier en die woordspore agtergelaat. Net die mooiste weereens vir ieder en elk wat hier verby kom.  :love7: