Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on December 31, 2012, 07:25:01 PM
-
Ek het gesien hoe jy
soos water deur my vingers glip
en in dorre grond verdwyn.
Stom het ek na die kol gestaar
tot 'n wit son als verdroog
en niks meer jou naam kon spel.
Op 'n droë kluit plaas ek 'n spierwit roos
as grafsteen van dit wat was,
gooi vingerskadu's oor my oë
en soek die toekoms op die horison.
Jy is verlede tyd,
die hede net 'n oomblik lank,
want in die toekoms wag 'n nuwe dag,
'n nuwe avontuur en 'n nuwe hy.
-
Elke keer as ek jou liefde tussen lyne lees, wens ek dat daar 'n manier was wat ek myself so kon uitdruk as dit by die grootste seeninge kom: die brandende vlam van die liefde :love7: :love7: Ek sal hierdie graag in die woordskuur wil bewaar as 'n uitstekende voorbeeld van 'n enkele 'witspasie' wat boekdele spreek :book1: :icon_salut:
-
Pragtig geskryf.
-
gooi vingerskadu's oor my oë
en soek die toekoms op die horison
Dit is werklik baie mooi. Dit moet boek toe. Ek lief die titel, daarsonder sou die gedig 'n heel ander dimensie gehad het.