Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Louis se plek => Topic started by: Louis on May 23, 2011, 07:41:36 PM
-
Stadig reis ons deur n mistiese vallei
vroeë oggend mis lê nog teen die berg hange
glinster-glans refleksie van die kristal water meer
ons bestemming
my geheim
n verrassing vir jou
sonderlinge eertydse klip kapel
afgesonder
versteek onder n volmaan hemel
asemrowend
beeldskoon
stap jy na die kansel
jou rok naboots die glinsterende nag hemelruim
die innerlike prag vonkel in jou oë
jou aura
helder gloeiend
lig die weg vir jou
in my drome reis ek soms só ver...
-
Sjoe, baie romanties. En ek hou van hoe jy die woord 'naboots' gebruik het hier.
-
Ek weet 'n gedig raak my as ek daai krieweling oor my vel kry! Ek hou van!