Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on December 23, 2012, 12:11:13 PM
-
Heer, daar's niks
wat ek vir myself wil vra
as dat U my vriende sal dra
as wilde storms om hul woed
of ellende in riviere vloed,
as dit voel of niks erger kan wees
en hul swak word van vlees.
Heer, daars niks
wat ek vir myself wil vra
as dat U my vriende sal dra
as lag uit hul kele borrel
en vreugde aan wingerde korrel,
as hul liefde vir mekaar en ander bring
laat ons 'n loflied sing.
Heer, daars niks
Wat ons vir onsself wil vra
as net dat U ons almal sal dra
deur voor- en teëspoed,
deur kwaad en deur goed
om altyd U kinders en mekaar
se skuiling te wees
-
:hello:
'n Pragtige gebed.
-
Mooi geskryf Gawie.
-
Ek bid hierdie saam met almal! Pragtig Gawie!!
-
en dankbaar mag ons weet dat ons Vader hierdie prag gebed verhoor