Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die kiekiekyk plek => Topic started by: Meraai vannie Baai on December 17, 2012, 04:30:07 AM

Title: Nagfotos
Post by: Meraai vannie Baai on December 17, 2012, 04:30:07 AM
Vuurwerke ('n kortstondige tuin teen die hemelruim) of jy lief dit of jy haat dit.
Dit is gewoonlik die tyd wat Outop geleentheid kry vir nagfotos wat altyd 'n uitdaging is.
Die is gekliek vanuit ons erf.

Lank voor die 'groot aand' word die cowboy dorpie se inwoners gewaarsku dat daar
'n vuurwerkvertoning tydens die jaarlikse fees vir die kleingoed gaan wees.
Die presiese tyd word geadverteer om troeteldiere binneshuis te neem waar moontlik
of andersins te beskerm.


(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Vuurwerke_zpsb76432ee.jpg)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Vuurwerke2_zps457f23c3.jpg)
Title: Re: Nagfotos
Post by: Naas on December 17, 2012, 06:03:05 AM
Wonderlik. Dit is seker van die moeilikste fotos om te neem, behalwe blitse.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Nagfotos
Post by: Meraai vannie Baai on December 17, 2012, 11:35:11 AM
Eish, bliksemstrale is beslis moelikste gedoentes om vas te vang. Ek stem Naas! Honderd persent  :notworthy:
Title: Re: Nagfotos
Post by: Naas on December 17, 2012, 11:42:51 AM
Dis hoekom ons hulle bliksemstrale noem... "Bliksem! Ek's weer te laat'"



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Nagfotos
Post by: AB on December 17, 2012, 01:45:43 PM
dankie vir die wys...ek geniet vuurwerk vertonings baie maar hier rond is nie sikke goetie.

rina, jy seg vuurwerke vir die kinders....maaaaaarie groot mense geniet dit die meeste.

seg dankie vir outop vir die afneem dat jy kan wys
Title: Re: Nagfotos
Post by: Meraai vannie Baai on December 18, 2012, 12:44:00 AM
Heheheh, Naas dis so waar!!!!  :icon_biggrin: Stoffeltjie jy seg netso ware ding van die groot wat ook geniet. Sal jou dankie oordra aan myse Toppie hoor  :notworthy:
Title: Re: Nagfotos
Post by: Ah Willa on December 18, 2012, 01:10:28 AM
die prentjies is mooi - maar ek haat vuurwerke met 'n pasie omdat simple mense onverantwoordelik is en nie 'n duim omgee wat dit aan diertjies doen nie, en na elke geleentheid waar die goed geskiet is, sit ons outjies in die rescue organisasies met die lyke wat hanteer moet word, die uit ogies, die af sterte en gebrande bang lyfies wat met die dronkenskap wat 'n idiot se grap moes saam gaan ....

ek haat vuurwerke!!

Maar dis ook pragtig as dit verantwoordelik deur 'n profesionele persoon hanteer word, weg van gebiede waar diertjies geen keuse het nie ...

ek lief wel die foto's wat julle geneem het ... dis ongelooflik goed ... nie die maklikste foto om te neem nie.   :love7:
Title: Re: Nagfotos
Post by: Naas on December 18, 2012, 06:59:31 AM
Die fotos maak darem nie my hond bang nie. Gelukkig het outop dit in stilte afgeneem.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Nagfotos
Post by: Ah Willa on December 18, 2012, 04:48:51 PM
 :toothy4: Ja Naas, my honne was ook nie bang toe ek na die mooi foto's gekyk het nie ...  :angel4:
Title: Re: Nagfotos
Post by: PM on December 18, 2012, 08:32:52 PM
Daardie nagfoto's lyk soos 'n blomtuin.  Pragtig!  Dankie vir die deel Meraaitjie en dankie vir Outoppie. 
Title: Re: Nagfotos
Post by: Meraai vannie Baai on December 19, 2012, 12:33:02 AM
Deel is mos deel van die groot plesier  :toothy4:
Title: Re: Nagfotos
Post by: Fransi on December 19, 2012, 07:39:03 AM
Dit is regtig so so mooi.