Die Afrikaanse Forum
Digkuns => Digformules of -strukture => Topic started by: Naas on May 23, 2011, 12:55:50 PM
-
Villanelle
Vers1: Eerste reel = refrein 1 (A1)
Tweede reel = Reimwoord (b)
Derde reel = refrein 2 (A2)
Vers2: Eerste reel = (a)
Tweede reel = (b)
Derde reel = Refrein 1 (A1)
Vers 3 Eerste reel = (a)
Tweede reel = (b)
Derde reel = Refrein 2 (A2)
Vers 4 Eerste reel = (a)
Tweede reel = (b)
Derde reel = Refrein 1 (A1)
Vers 5 Eerste reel = (a)
Tweede reel = (b)
Derde reel = Refrein 2 (A2)
Vers 6 Eerste reel = (a)
Tweede reel = (b)
Derde reel = Refrein 1 (A1)
Vierde reel = Refrein 2 (A2)
My Voorbeeld
Wense
In die geraamtetakke van die kaalgat appelbome
hang die ryp soos koue winterkerse
terwyl vroegoggend asem verdamp soos laatnag drome.
My wense vloei soos maalkolkstrome
en word vasgevang met woordeverse
In die geraamtetakke van die kaalgat appelbome.
Ek wil hulle graag toedraai in die warm some
en koester in geesteskomberse
terwyl vroegoggend asem verdamp soos laatnag drome.
Maar hoe verduidelik ek my wense aan die vrome?
Hoe hang ek dit oop saam met ysig kerse
in die geraamtetakke van die kaalgat appelbome?
Begeertes, wense weggesteek tussen die flenter some
in die vlegsels van verwoede verse
terwyl vroegoggend asem verdamp soos laatnag drome.
Weggespoel en afgevoer in die afloop van winterstrome
bly net die flenters van die verse
in die geraamtetakke van die kaalgat appelbome
terwyl vroegoggend asem verdamp soos laatnag drome.
:icon_bigsmurf:
-
Sjoe :read2:
Okay gaan probeer. Lettergrepe? Moet daar 6 verse wees of is dit net 'n aanduiding?
:angel12:
-
Dit is beslis net 'n aanduiding maar daar kan nie minder as drie wees nie.
:icon_bigsmurf:
-
Hier is een wat ek lank terug geskryf het.
Doodsangel
Hoor die klokke lui...
1 Wanneer die Dood op sy maanhaarvos sit en wag
2 loop die lewensuurglas vinnig leeg.
3 Ek hoor hoe klingel die klepel luid in die nag…
4 wie weet wanneer is die uur, watter dag
5 lui die klokke vir wie, om aan te beweeg?
6 As die Dood op sy maanhaarvos sit en wag
7 glip en gly die rillings teen my ruggraat af.
8 My foute - soos bitter aalwynsap – bloedleeg.
9 Ek hoor hoe klingel die klepel luid in die nag.
10 Sien al hoe dit halfmas hang; die vlag
11 soos langtermyngevangenisstraf, die seer.
12 As die Dood op sy maanhaarvos sit en wag
13 sien ek sy silhoeët teen die sterreprag,
14 met sy septer in sy hand, gereed…
15 Ek hoor hoe klingel die klepel luid in die nag…
16 glip en gly die rillings teen my ruggraat af
17 soos die vrees vir die onbekende inweeg.
18 As die Dood op sy maanhaarvos sit en wag
19 … hoor hoe klingel die klepel luid in die nag…
-
Dis mooi soooo mooi! :crybaby2:
:angel12:
-
Dankie Trappies. Hierdie twee strukture verg kopkrap hoor. Voorspoed!
-
'n Villanelletoebroodjie. :icon_biggrin: 11 Lettergrepe in elke versreël.
“Kruitjie-roer-my-nie”.
So maak 'n mens die lekkerste toebroodjie:
Haal nou eers uit, al jou kombuisgereedskap
en daarby ‘n tikkie kruitjie-roer-my-nie.
Meng lepels mayo met ‘n knoffelblokkie,
dan skink jy vir jou ‘n glasie “druiwesap”.
Só maak 'n mens die lekkerste toebroodjie.
Kerf nou die vleis van ‘n kalkoenmannetjie
en meng daarby nog ‘n bietjie mosterdpap
en daarby ‘n tikkie kruitjie-roer-my-nie.
Vat eers ‘n groot hap van ‘n koue biertjie
anders voel jy tog net soos 'n ou janrap.
So maak 'n mens die lekkerste toebroodjie.
Kook nou nog twee eiers van ‘n kapokkie,
meng dit met ‘n skootjie "witblits-geselsskap"
en daarby ‘n tikkie kruitjie-roer-my-nie.
Pak dit nou alles saam op jou toebba’kie
en voor jy eet vat jy nog ‘n grote hap.
So maak 'n mens die lekkerste toebroodjie
én daarby ‘n tikkie “kruitjie-roer-my-nie”.
-
ek het kom hap aan hierdie broodjie en proe dit rondrol op my tong. oulik!
:grommit:
-
Ek het ook nou weer heerlik gesit en "wegraak" hier tussen die lyne van almal se Villanelle-le.
Dankie vir die paaidjie hierheen Annie. Hierdie stuktuur sal sy plekkie vind in boek twee.
-
ek het hierdie drie jaar gelede gaan haal en vandag word die 5-sente reeds uitgegooi
[ek kan nie onthou of dit hier inpas nie]
Arme vyfsent
'n Vyfsent lê daar op die kas.
Sy dae is getel, sy waarde verlore.
Hulle word gestuur na die argief.
Vir die teller is hy 'n las,
om te betaal is hom nie beskore.
'n Vyfsent lê daar op die kas.
Geen aansien meer in eersteklas,
bokse vol verpak in afvalstore.
Hulle word gestuur na die argief.
Hulle kan nie in die stelsel pas,
eggo al die besigheids-kore.
'n Vyfsent lê daar op die kas.
Ander sente het reeds die bus verpas,
tot diepe verdoemenis is hul gebore.
Hulle word gestuur na die argief.
Kopervyfsente om blink te was
verdwyn nou uit ons watervore.
'n Vyfsent lê daar op die kas.
Hulle word gestuur na die argief.
:grommit:
-
Dit lyk vir my of dit goed pas Annie. Dankie vir die aandra.
-
Nog net so treffend soos toe jy my toestemming gegee het om dit in die woordeboek te gaan bewaar mater :love7: :notworthy: