Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on December 09, 2012, 12:10:24 PM
-
Jy kyk na my met 'n blinde oog
sien jy 'n ander beeld
as jy na my trane staar?
Ek roep jou naam van die hoogste krans
hoor jy iemand anders
met jou dowe oor?
Ek's moeg gevra, gesmeek, gewag
moeg gehoop, gedroom, gesnik
ek soek iemand om lief te hê,
iemand wat nie bang is
om dit terug te gee
Ek moet die grot verlaat
'n rots daarvoor laat rol
vir oulaas 'n teug
uit die bergstrrom drink,
'n laaste eggo uitroep gee
Ek's moeg gevra, gesmeek, gewag
moeg gehoop, gedroom, gesnik
ek soek iemand om lief te hê,
iemand wat nie bang is
om dit terug te gee
-
Ek lief die versherhaling!
-
Ek het verander hieraan
Moeg gewag
hy kyk met 'n blinde oog,
sien 'n ander beeld
in die trane op haar wang,
hoor met 'n dowe oor
haar uitroep van die hoogste krans
moeg gevra, gesmeek, gewag
moeg gehoop, gedroom, gesnik
gesoek: iemand om lief te hê,
iemand wat nie bang is
om dit terug te gee
-
Beide is vir my vol emosies mooi.
:icon_bigsmurf:
-
Ek lief die eerste ene meeste, seker oor ek hom eerste onder oge gehad het, en die lyne in my hart gekruip het vir ewig :love7:
-
Die eerste een is vir my so persoonlik in die eerste persoon geskryf, ek lief dit.
Die herhalende strofe is ook 'n pragtige aanvulling tot die gedig.
Die tweede een is ook goed, kort en kragtig, maar dit dra nie dieselde emosie oor nie.
Die laaste versreël in die eerste strofe wil vir my seg:
-haar hulpkreet van die hoogste kranse af-