Lank lank gelede was daar 'n forumtronk waarin lede toegesluit was vir ABC oortredings. Die beskuldigde moes eers kroeg toe vir 'n ABC-dop en dan woordtjoek toe. Enigste manier om vrygelaat te word - 'n boetevers wat baie pret besorg het!
Meraai vannie baai betaal haar boete met 'n toebroodjievers:
:notworthy:
Ons is nou almal in die tronk
want die tribe
wou mos bribe
En nou is ons regter bevonk
(PM en Trappies dankie dankie dat julle vir my gewag het hoor!
********
Piet Magriet:
Sal ons jou mos nooit in die steek laat nie Raaitjie!
Om in die tronk te sit is niks
'n paar proppies
'n paar doppies
en 'n goeie woordeboek as gids
nog 'n vaatjie
nog 'n maatjie
is wat nodig is om 'n judge te wiks.
*********
Hier kom die tjoekie-tjoekie trein,
Meraai van die baai het al weer gebraaib
en Diamantjie en die dief het gelieg
Ya'acov is baie bang vir die hof
hy is alweer besig om te beplan
hoe om die roomysbak by te dam
Klikkie wil nie sê nie want hy wil nie hê nie ...
of is hy nou, besig om getuienis te weerhou?
Ya'acov:
*hierdie is geskryf as skulderkenning nadat ek gevang is dat ek een-enkel-lyn plasings pos
Ek slaan my oë op na die blaaie
wat het ek gedoen
ek het die blad se reëls
sonder om te dink verdoem.
Waar sal die lewe eindig
as elkeen maak soos hy wil
wat reëls met gemak verwyder
en reken dis nie vir hom geskryf.
Elkeen wat onder enige reël val
moet besef hy sal
eendag moet verduidelik
hoekom hy die spesiale geval wou wees.
[skulderkenning voor vonnis oplegging = geen rekord]
Hierdie is die tweede keer
wat ek myself verweer
hierdie keer nie so seer
want hierdie keer is dit weer.
Ek wou graag weet wat die Diamant daar sê
en wat die Diamand dan hou hê
maar geen verskoning is genoeg
al was ek baie moeg
ek was weg en keer terug
sê toe "Hallo" vanaf die brug
maar die boodskap kon sy nie vind
weggewaai in die wind.
:sign10:
*Die jurie het besluit dat hierdie DWW's (drie-woord-wurm) as omkoopgeld aanvaar sal word
juenka:
epos
ontvang
vandag
tronkstraf
koffie
bitter
skryf
gou
hier
vryheid
nou
tersprake
Lorraine:
O
hallie
ha!!!
Wat
doen
ek?
Hoe
doen
ek?
Omkoopgeld
is
beskikbaar
Diamantjie en die dief:
Straf is straf! Hiers my boete. My partners in crime kan kom bylas:
Diamantjie was tog alte dors
Te veel geproe aan sout droewors.
En toe sy water wou gaan drink
Kon sy geen enkel druppel skink
Die watergat was dor en droog
Maar toe gewaar sy die forum oog
Sy dink opslag aan 'n gawe plan ...
Piet Magriet:
Toe kom PM daarby
en sê sy vir my
'n Roomys is net die ding
om 'n deur oop te sing...
Maar Trappies het probeer
om vir Juenka te keer a humm
maar dit het die hele nag geduur
en hul kry nie 'n kuur a hummm
die twee sit net daar met hul arms om mekaar ah hummm...
Diamantjie en die dief:
En toe die roomys klok eers lui
Was dit vir Badproppie verby
Sy het die sleutel afgehak
En nou's ons almal in die ...SOP!
bertha badprop:
ons is drie (of vier of vyf of ses)
ons is dronk
ons is pelle in die tronk
nou die wyn
dan die kyn
dan die bottel brandewyn...
if this is love
i'll take a hamburger
Regter Willa, almal se borg is betaal,
kan jy nou seblief ons uit die tjoekie uithaal?
****************
Gisteraand was ons Brad Pitt,
nou's ons spierwit!
Wys jou net, as jou kop dom is
moet jou lyf suffer ... wys bietjie daai tattoo PM!
Het iemand 'n blikkie groen ambulans (cream soda?)
daar's 'n hewige dors wat met die bliksoldaatjies in my kop baklei!
PM laat ons gaan,
hierdie tronk besigheid
is nie goed vir my bloeddRink nie
Piet Magriet:
Die groenkoeldrankies is vir babalas.
Die rooikoeldrankie is 'n "bloody mary".
Dit is my "skud my uit die walms uit".
Ek is die forumbekkie en ken nooit my plek nie.
Ek veg vir my pel met omkoopgeld en
toe sit die forumregter my op ys en dit oor 'n roomys
Nou kom ek groot skuus sê of my bene sal hier bly lê
agter slot en grendel maar ek belowe plegtig
ek sal nie weer nie, tot volgende keer nie.
:icon_biggrin: Ek het dit nou geniet!
en ek! Dit was soveel pret en ek dink hierdie bydrae kan die goue medalje wen.
Ek is besig om te loer na die drie-woord-wurm struktuur om te sien hoeveel plasings ons het en kom toe weer op hierdie af :hello2: PM ek stem - dit is medalje gehalte! :hello2: :notworthy: :icon_salut: :book1:
Hier grou ek vanoggend al die lekkergoed uit. Hierdie moet beslis boek drie toe!
:icon_cheers: Ek geniet dit elke keer wat ek dit lees. :-)
Ons het darem soms vet pret gehad. Dit sal weer gebeur, die wiel draai mos. :icon_biggrin:
Ek het hierdie gou kom oppik vir die nuwe boek nog sonder naam.
Ai, lees ek daardie pret van daardie dae hier raak. Ek sit waarlik en tjank!!! :crybaby2:
Dit was van die wonderlikste dae in my lewe Anastasie. Huil sommer saam jou :crybaby2:
Kom ons lag liewers en doen dit weer! :read2:
Ja, Jipppppiiieee! :wav:
Ek het nog die kroeg se sleutels :headbang:
(Kyk links, regs en weer links)
Nou bring daai sleutels, sjoe, dis stowwerig hier. Ons moet ons prioriteite regkry, ons moet ten minste 5 glasies afstof. Die res van die werk kan wag vir later.
Die kroeg se sleutel was lank soek
En leeg die stoel in elke hoek
Die uithangbord is skeef gewaai
Totdat Meraai weer hier kom draai
Knirs knars sluit sy die deur weer oop
Begin ons gou weer sappies stook
Naas, kom en braai vir elk 'n tjop
Dan skink ons glase vol met dop
Hier hou ons gou weer gou reunie
(Moenie dat die diaken sien nie!)
Kom, bring jou glas, en kuier saam
Kom pen jou woorde langs jou naam!
O flippen hoender (kop)
hier brand ek nou die tjop
van suie aan my dop.
Om in 'n kroeg te staan
met net jou G-string aan
laat al wat kook in vlamme gaan
want net een dop se skop
en Oupa Naas
is hoenderkop
:icon_bigsmurf:
:hello2: :toothy4:
O Griet Verdriet, hoor my lied
hier kom 'n ding al slingerend.
Ons kroeg is weer oop en algar die koop
op verskrediet, terwyl doppe se proppe
alte jolig teen die kroegplafon vasskiet
stof Meraai gou vir Naas en Anastasie
'n glasie af en giggel verspot tussen elke hik.
:headbang:
Verbrande vleis laat my nie skrik
(Ek gee heel vroulik nog 'n hik)
Solank dit nie jou vingers is
Wat brand, gedoriewaar gewis!
Ek trek nou al by versie twee
En sal gemaklik nog twee gee
Vir daardie nektar van die gode
Lekkerste vrugte mos verbode.
En klap ek hande in die lug
Want soveel maters kom weer terug
Om sommer net hier saam te lag
(Ek wonder waar die ander wag?)
Ek wonder saam, dalk as ons hard genoeg sing kom hulle loer :icon_biggrin: :icon_bigsmurf: Sing is nou een ding wat ek NIE kan doen nie.
Al wat tussen my en 'n sangloopbaan staan is my stem. Ek het die looks en die persoonlikheid maar nie die stem nie. Ek is nie baie musieklik nie.
:icon_bigsmurf:
Tra la la la la .... Naas, jy kan maar net die bas wees vir agtergrond. Hie hie. Is die forum altyd so stil? Gedorie dis jammer. Maar jy crook, jy moet hier verder by ons versie byvoeg as jy hier wil kekkel. :evil5:
O gatta-patatta,
ek het 'n pyn,
skink daar vir my 'n glasie rooiwyn!
Welkom hier in die kroeg. Julle moet net onthou dat daar net 'n paar van ons is wat toegang hier het.
As julle van iemand weet wat moet aansluit kan julle net skrou, dan skryf ek gou 'n toegangskaartjie vir daai
maatjie van jou!
Ek sal seker net my valstanne ook gaan uitgrou en afstof. :dontknow:
Nou is ek weer hierdie innie kroeg
Maar vir woorde nog nie moeg
Ek sal hulle vandag maar tel
Voor iemand weer kwel
Oor wyn oor die tikker gespoeg.
Ek staan hierdie by Kaap L'agulhas
Die water kom tot by my kniee
Maar ek verloor die rym
Want hoogwater kom eers later.
:icon_bigsmurf:
Dan skink ons maar solank vir jou ook 'n glasie wyn!
Die stoele raak al amper vol
Is daai sowaar 'n dagga zol?
Elkeen raak nou op hul gemak
Kom ons praat nog so bietjie ... nonsies
As Naas se rympies nie meer rym
En op sy bier dryf lekker skuim
Hang ek hier in die kroegie rond
En praat met julle lekker ... nonsies
Die water het gestyg
Nou laat die koue my na asem hyg
My onderstel het gekrimp
Tot kleiner as 'n shrimp
Ek staan so en bewe
Soek net Obie's vir oorlewe
Gooi vir my 'n stywe dop
Voor ek die emmer skop.
:icon_bigsmurf:
Terwyl jou anatomie so krimp
En jy vir Old Brown Sherry skimp
Laat ons jou tog nou maar verlos
Hier's Sherry - en so bietjie kos
Pasop net met die kleine shrimp
Wat al hoe kleiner, kleiner krimp
Al se die mense dat dit hul nie traak
Maak 'size' nog regtig werklik saak!
So van size gepraat
Ry ek langs die see se straat
Kom hierdie Groot wit voël
En los 'n spierwit koël
Vol op my kar se ruit
Soos 'n tattoo wat nie weer uit
As ek daai voël kan vang
Gaan hy kaalgat aan my spieëltjie hang.
:icon_bigsmurf:
:bunny: :bunny: :bunny: :bunny: Lekker lag ek nou. Ons is darem maar lekker verspot.
Ek bulder alweer onvroulik, die koue verdryf deur julle humorsin.
:icon_biggrin: :love7:
Fransi, jy is beboet matertjie. Slegs 'n versie gaan jou loslaat :love7:
Fransi moet 'n versie praat
Anders gaan ons haar nie weer loslaat
Kom plak jou versie gou gou hier
Kom wys jy is 'n sportiewe dier
Die groot wit kol op Naas se ruit
Het nou sy digters siel kom stuit
Skink dan maar gou vir hom 'n dop
Dalk kort hy maar net daardie skop
Knyp ek myself
kan nie glo dat ek weer kan delf
tussen lyne en verse
van maters geliefd.
:notworthy:
As jy hier lees en niks maak sin nie
druk asseblief weer die knoppie
dit is die woordkroeg, wat het jy verwag?
Hier strompel die abc tussen lyntjies lol.
Ja, ek speel ook weer lekker met my verbeeldingsmaatjies :bunny:
Ai, julle. Maak hierdie lawwe versgesprekke my sommer vandag verdrietig! Ons het darem deur die jare soveel lief en leed gedeel. Dit was so 'n belangrike deel van my ...
Ek kom vandag weer hier vertoef
Die kroegdeur swaai oop ... sloef, doem sloef
Die woorde-eggos hang nog hier
Die glas getuig nog van sy bier
Nostalgie is 'n rare ding
Dit laat jou siel weer begin sing
Die was ons eie kleine 'Cheers"
Dit was ons kerk, ons kroeg ons 'wees'
"Where everybody knows your name"
En wat sal nou hiermee kan rym?
'n Frasier, Becca, Woody, Norm
Dit was ons plek om heen te kom
Stof af die toonbank, skink die bier
Ek hoop jul is gou almal hier
Om weer lighartig saam te lag
Met woordedisse in vol prag
Nostalgie - praat jy wat tweetalig toor met die ABC. Ek knyp myself pimpel en pers, kan skaars glo ons vergaar weer in die forumkroeg se tjoek. Agter hierdie tralies is soveel lief en leed kreatief gedeel tussen lyne, dink ons verdien 'n oscar. Ek lig my glasie hoog en skrou onvroulik: Cheers vir nog meer sulke kuiers!
:`ip2: :notworthy: :icon_salut:
En dan dink ek, moet een van ons nie die inisiatief neem en 'n boek saamstel waarin die goed kan verewig word in 'n nie-tegnologiese vorm, wat mens aan kan vat, op die boekrak sien, afstof, blaai, ruik, beleef nie? En vir nageslagte nalaat nie? Ek voel dit opbruis in my, die idee, die wens, die genooptheid, jong
PM het mos lankal geskimp vir boek 3 en gese ons moet begin skryf. Oe wereld, hier kom 'n ding. Ek sal bitter graag betrokke wil wees by so erfenis. :hello2:
Ek sal in so boek wou fokus op die menslike aspek, die 'saamhoort' en die lewens petrol wat so 'n forum aan mens gebied het, met stukke daaruit. Verskeie hoofstukke, elke 'n eie faset van die diamant (Ai, waar is Diamantjie en die Dief tog heen). En 'n lighartige deel, die dieper deel, die bekgevegte ens. My gedagtes en idees is op 'n oop galop
Hou jou glasie dan skink ek vir ons nog 'n dop.... sien Naas dwaal ook deur die gange. Dalk steel hy gou 'n oomblik of twee en kom loer in.
Kom ek no hier aan in die kroeg se tjoek
Sien die mense praat hier van n boek
Maar hul het blykbaar vergeet
Hier kry ons jou beet
As jy versuim om te rym
.....
O vrek. daar verdwyn my rym
Al suig ek aan my duim.
Sal maar kyk
of jul rym of wyk... :nono: :wave: :wave: :wave:
:icon_bigsmurf:
Ek probeer my lyntjies skommel en weer inspan
in rympies maar smaak my nie die ABC gaan saam speel
vanaand nie, so die uwe pleit skuldig en in die proses stof ek gou
'n glasie af en lig hom hoog op vriendskappe, kosbaarder as goud,
silwer en koraal. Cheers. Laat hy val tussen blaaie van nog 'n beplande boek
Naas, ek's 'n meisie van my woord
Die liggie van die Helder Noord
'n Diamant wat helder blink
Nou toe, dis tyd dat jy sal skink!
Nou waar was ek nou-weer gewees?
O, ja! Vir rym het ek geen vrees
Die woorde sal ek hier kom string
En hoop dat almal saam kom sing
Hier in die tjoekie-kroeg sal ons
Die nonsies-praat weer hoog laat bons
Hoog tyd, hoog tyd, lig hoog die glas
PM kom wys weer gou jou bas! :pottytrain2:
WHA HA HA HA
laat jy my lag voorwa...
:icon_bigsmurf:
Jy KROEK mos naas die smurf
Om net twee lyne aan te durf!
En hierdie ryme onder dwang
Word dalk jou laaste swanesang!
Perdalks voel jy iets aan jou kragie
Nog voor die bier val in jou magie
En word jy dalk hier uitgesmyt
En mis so al die groot jolyt
Komaan, jy sal moet beter vaar
Maak gou, 'happy hour' is amper daar
Ek wag hier in die hoekie
Op die groot rymdwanger kroekie
Ek sal nie moeilikheid soek nie
want ek issie 'n kroek nie
Sal maar my martelgat jas
om my groot maag pas
en mooi verskoning vra,
myself gedra
en wag vir daardie lekker dop
want dan is ek weereens uit die sop.
:icon_bigsmurf:
Ou Naas, jy is vergewe
(jou size maak my broekie bewe)
Hou maar jou keel die heeltyd nat
Dan rym ons die meerkat uit die gat
En so van 'uit die gat' gepraat
Het jy dalk vir my bietjie raad:
Hoe kry ons al ons maatjies hier?
Miskien perdalks 'n gratis bier? :occasion14:
Ag nee, my maters, ver en wyd
Nou hou ek eensaam hier jolyt
Bring nou die vleis, maak hoog die vuur
Dan tel ons gou wie is al hier
Moet nou nie weer sag hier wegsluip
Naas, sit nou neer jou daggapyp!
PM sal jy die storie bring
As haasdas sesuur begin sing?
Ek glimlag wyd
en pleit skuldig
my versies het algar gewyk
vermoed dit saam met daglig
oor die horison gekwyn
en voor die ouvrou kon dink aan dig
met 'n ietsie wat wou rym
was my liggie gedim
snik snik
:icon_bigsmurf:
:munky2:
:crybaby2:
:dontknow:
En hier sit ek stoksielalleen
op 'n Maandagoggend
hou ek plek vir nog een
:icon_scratch:
:coffee2:
:hello:
Skuif op, skuif op, suster van ver!
En skop daai radio aan die bler!
Hier gaan dit algou vrolik
Vergeet ons Maandag se bloue olik!
Data is n probleem
Windows update het my geseën. :icon_bigsmurf:
O aarde, data kan rerig lol
Voor jy jou oë knip is daar ... f..sweet blow all!
Gaan sit dan maar eers in die hoek
En lees jou interessante boek
En skermpies wat opgradeer
Laat ek jou nou'n lessie leer:
Order jou blikbrein in die nag
Dan hoef jy nie in die hoek te wag!
Oi joi joi
geen data
no joy
:crybaby2:
Anastasie, my liewe vriendin, baie dankie vir jou deelname. Ek waardeer die lewe wat jy in die forum kom blaas het en my liefste forum vriende wat 'n groot aandeel daaraan het. Jammer dat my lewe weereens 'n krom draai kom maak het, maar ek vertrou dat dit binnekort weer reg sal draai. Dit doen mos maar altyd!
Sie blikbrein het gebewe
'n blikbrein sonder lewe...
nou al oor 'n week later
en dis geen flater
het oom Naas
al honderde rande geblaas
windows10 , moet jy weet,
het al meer as 11 Gigabyte geeet.
Dag of nag dit maak net nie saak
as Naas aan sy rekenaar raak
Awol al sy data inderhaas
voor hy 'n kommentaar kan plaas.
:icon_bigsmurf:
Hoe lekker klap ek handjies saam
Soos Noorderliggie mos betaam
Want PM het hier in kom loer
En hoop ons gou sal sy hier boer
Ai Naas, jou beursie klink al leeg
Kom vat maar gou 'n vinnige teug
Van godenektar uit die glas
'n Woordecocktail net van pas
So sal ons sorge saam verdrink
En lekker leeglê en rinkink
So tussen petrolprys en las
Van data styg ons uit die as
Julle ouens het nou my dag gemaak. Ek het elke lyntjie ingeslurp en tot oorgawe geniet. Ek hoop my krisis is nou oor. Dan kan ek kom saam kuier.
PM, ons wag jou hoor! Ek sien daar dwaal twee siele deur die forumgang op die oomblik saam met my .... ek het solank drie glase afgestof en neergesit. Net vir ingeval iemand ook 'n versterking nodig het soos ek.
Dit is weer steek-en-wag-dag diekant van die aardbol. Niks te doen met 'warmbloedigheid' nie hoor! :icon_bigsmurf:
Ek kom bietjie keelnatmaak en moed bymekaar skraap om pad te vat. Die ou tantetjie by die lab het die bewe-siekte aan haar maar weier om af te tree en sy steek vir jou voos voor sy 'n aar kry. Ek is nie die braafste oumens op sulke dae nie
:icon_bigsmurf: :munky2: :snorting:
Ag toggie Raaitjie, ek hoop dit is nou al verby. Hannes sê hy het alle simpatie met jou, want hy was ook pimpel en pers gesteek om 'n drup aan te kry. Hulle moes toe 'n drup in sy nek plaas. (Onder narkose)
Hier is vir jou 'n spens-siale drukkie vir jou matertjie.
Ek is seker bietjie laat maar drink solank 'n wyntjie namens jou. :love7:
Ek het gou my wyn kom sluk. Dankie so baie PM :love7: Ek verdrink vandag my sorge hier (in die gees lol) so pas 'n boodskap uit SA gekry dat my sus se kanker versprei het na haar bene en heupe. Hulle probeer nou reel om penne in te plant want anders gaan dit breek se die spesialis. Ons is almal bitter weens die feit dat die onkoloog openlik leuens vertel het oor haar tellings. Hoekom haar nie voorberei eerder op wat wag? Laat ek vir my nog 'n glasie gooi. Nee wag, ek vat sommer die bottel.
Ek het nou 'n hele opstel getik van bedonnerdheid. Toe weer alles uitgevee.
Sterkte Ta Raaitjie... vir jou... en jou suster... en almal in hierdie wêreld wat help om, met hul laaste baklei om te lewe, 'n (on)gesonde mediese bedryf ekonomies te onderhou.
En daarmee moet ek myself dwing om my bek te hou.
:icon_bigsmurf:
Dankie dierbare vriend! Ek is self so bedonnerd jy kan toor met my. Vader weet hoekom die dokters haar nou nog deur die pyn van 'n operasie wil sit. Sy is 'n diabeet en haar wonde neem maande om te genees. Ek sien sy dwaal deur die gange op FB. Haag dogter het gevra dat ons liewers nie nou bel nie. Ek kan aflei uit haar posts wat gedeel word dat sy spookagtig haar gedagtes probeer besig hou :crybaby2:
Ek is so jammer om te hoor van jou sus, Raaitjie. Gesondheid is 'n koning se kroon. Net die daarsonder sien die waarde daarvan.
My hart is stukkend, ek het nie woorde nie. :crybaby2:
Dankie vir omgee julle :love7:
Ag man kom ons drink! Hier is 'n lekker koppie koffie met 'n groot skink vol Tia Maria. :evil6:
Ek het my glas nadergestoot. Maak vol 'sebliefie mater. Sien Anastasia dwaal ook soos 'n gees nog rond. Probeer ek vinnig uitwerk hoe laat is dit nou by julle... tien voor elf die aand. Diekant van die aardbol presies 6.49 die oggend en bietjie vroeg vir elmboog-oefeninge lol maar in die gees is ek mos by julle. Sooooooooo - gooi suster. Gooi.
Jong, Meraai, ek soek mos snags die skape om te tel!
Skape tel - ek het alles al probeer maar pure verniet. Bedags is ek so vol plooie van min rus dat ek rondom Thanksgiving nie 'n voet buite sit nie. Te bang iemand sien my aan vir 'n kalkoen :angel4:
Daardie is nou 'n aspriste snaakse een! Kalkoen, seg jy! Haaaaa ha
Met my wiskundige aanleg tel ek die skape se pote en deel dit dan deur vier, vermenigvuldig dit met twee om te sien hoeveel ore daar was en dan maal ek dit met 0 om die gemiddelde IK van die SA regering uit te werk.
Dis gewoonlik genoeg om my heel nag wakker te hou want ek besit nie 'n sompompie nie.
:icon_bigsmurf:
Hopenlik is ek nou nie te laat om vir jou ietsie hier in die kroeg se tjoek te skink nie Naas. My draai nog steeds soos ek probeer by hou by jou wiskundige formules - ek verstaan die laaste 0 darem 100 persent :icon_biggrin: en sekondeer.
Ek is nou eers met vakansie na een helse lang kwartaal van April af. Het daai glas wyn nou nodig om van die eggos in my beenkamer ontslae te raak sodat ek met mening kan rus.
:icon_bigsmurf:
Geniet! Jy verdien gewis Naas. Anastasia, jy is reg. Daardie kalkoen-ene was 'n aspris. Ek moes iets doen om te lag vir myself. Dit het gewerk hoor. Galgehumor is soms die tou waarmee ek myself uit die gat moet trek voor hy om my nek beland :icon_biggrin:
Meraaitjie, as ek sê 'apris snaaks' bedoel ek eintlik 'vrek snaaks'. Ons het in ons huis so gesegde. My seun het 'n girl gehad wat op whatsup wou gesels. Gee hy haar die stopstraat sindroom. Vra ek: waarom dan? Antwoord hy, "Ma, daai girl is aspris lelik'! Siestog. Hie hie.
Naas, ek dink jou vrou het goeie maagspiere. Dit is 'n gegewe. Met soveel lag met jou in die omtrek. Ek verstaan jou berekeninge omtrent so goed (of dan liewer sleg) soos wanneer mense familie begin uitlê. As hulle eers begin met my ma se niggie se kind se man ... het hulle my klaar verloor. By somme het jy my by 1, 2, (wat dan?) klaar verloor!
Stopstraat sindroom :`ip2:
O my wereld Anastasia, daardie tellery van jou laat my dink aan die grappie wat ek gelees het op die oor-60's blad hier oor die waters. Die man het 'n klein probleempie gehad in die slaapkamer en geen dokter kon hom help nie. Later beland hy by 'n toordokter en die blaas en gaan tekere en daar is merske bol vuur. Ek onthou nie eintlik so helemal mooi wat toe gebeur het nie maar lang storie kort (die is Engelse grappie so julle moet in Engels tel hoor)
Die man moet glo net 1'2'3 tel en dan is hy pure man vir vroulief. Bekommerd hoe lank hy so sal kan 'perform' vra hy hoe kan die gedoente terug na normaal kom. Die toordok se maklik. You just count 1'2'3'4' maar dan bly dit vir 'n jaar lank so hoor! Kom wat wil, daai aand tel hy kliphard 1.2.3.... sy vrou draai om en se: "Why did you count 1'2'3' for??
Daardie is nou 'n vier wat gesorg het dat hy fier is! If you catch my drift. :hello2: :headbang:
Ag toggie tog! :icon_biggrin:
Vandag het die forum rerig weer soos 'van ouds' gevoel, lekker beweging en gesprek. I like.
Jy is reg, maar ek gaan moeilikheid kry, want ek spandeer te veel tyd hier! Lekker was nog nooit sleg nie. As dit die enigste uitweg is kuier ek deurnag. :hello2:
Julle sal nooit weet HOE nodig ek hierdie spesiale saamkuiers gehad het nie. Die humor en gesellige saamwees soos van ouds was net wat ons nodig gehad het. My hart loop oor van dankbaarheid. Ek dink ek gaan myself vir 'n paar dae hier kom toesluit tot ek vrede kon maak met my sus se situasie :crybaby2:
:crybaby2: :crybaby2: :love7: :coffee2:
:icon_bigsmurf:
Dankie mater :dontknow: :crybaby2: :dontknow: een dag op 'n slag - net dit.
Hoe gaan dit met jou sus Raaitjie. Kom vertel asseblief. Hoe gaan dit met julle twiekies? Hier is drukkies vir julle.
Sy straal soveel liefde en geloof uit dat ek my kop in skande laat sak PM. Sy glo vas dat sy 'n 80 persent kans het om hierdie oorlog te wen en indien nie, weet sy dat daar 'n beter Plek vir haar wag. Sy het twee dae na die penne ingeplant was met krukke geloop en toe ons gesels was sy so opgewonde en dankbaar vir nog 'n kans. Die penne gaan keer dat sy nie sommer weer so lelik val nie. Die kanker reeds gate in haar bene gevreet.
Duisend en tien dankies vir ons drukkies. Ek dra oor... sy se gereeld dankie vir julle omgee en saam bid.
:notworthy: :icon_salut: :love7:
Ai, so leer mens blymoedigheid by diegene wat platgeslaan is.