Die Afrikaanse Forum
		Woordskuur => Die Woordkroeg => Topic started by: Meraai vannie Baai on December 04, 2012, 11:59:38 PM
		
			
			- 
				Ek het hierdie gewynde verse  ook gaan gaps uit die verskuilde titel  afdeling en dit nou hier kom uitstal by ons woordkroeg.
 
 PM:
 Nou waaroor wil jy skuldig voel?
 Ek sou sê jy moet drankbaar wees!
 
 Skink hom tot by die rim
 en lê met jou lip teen die tuit,
 
 alles wat oorloop
 vang jy op!
 
 ~~~~~~~~~
 
 Naas ... ek onthou nog laas
 toe ons jou vyf vloere moes afdra
 want die hysbak se deur was toe.
 
 Toe ons onder kom staan die deur oop!
 
 Een van ons kon maar net gou afgedraf het
 en daar ingeklim het, opgery het en jou gaan haal het.
 
 Eish!
 
 Maar die oulikste was daai "flap-flap" geluid
 soos jou bas elke keer op die trap geland het,
 en die klik-klak soos jou elmboë
 teen die muur gestamp het.
 
 Tog kan jy nie kla nie, ons het dit darem beter gesoen!
 
 ~~~~~~~~~~
 
- 
				Anseliza: Die Forum Kroeg
 
 'n Klomp skrywers saam
 sommige met 'n skuilnaam
 het besluit mens kan nie skryf
 met 'n nugter lyf
 
 Welkom elke kroegvlieg
 Hier kan jul lekker lieg
 Maar in dronkverdriet bieg
 vir wat se drank is jy lief
 
 Van shooters tot hardehout
 laat geen skrywer koud
 woorde word mee gespeel
 oppas dat dit nie meer dinge teel
 
 Die kroegmeisies skraps geklee
 bring baie opmerkings mee
 tog maak dit niemand verlee
 niemand drink in die kroeg tog tee
 
 Pret giggel en lag
 Gee almal sommer krag
 om lekker te kuier
 sonder 'n masker of sluier
 
 Tyd vir gekskeer gewis
 sonder enige onnodige getwis
 skrywers word vir gek uitgekryt
 tog sal dit nie die kroeg se deure sluit
 
 bertha badprop:
 met cola en cleavage op die brein
 staan die manne buite en verkluim
 almal hier om die forum-vroutjies te beloer
 en dit net voor hulle almal se tongetjies sloer
 
 klippies en cola, brandewyn en bier
 kom hier jou handsome, ja kom en sit hier
 ek is dalk nie mooi nie maar na bier ses
 lyk ek dalk net soos jou eie padda prinses
 
 na 4 soggens waggel almal hul tuis
 verdwaal 'n paar in die soeke na hul huis
 die dronk word op woorde o wat 'n fees
 dis lekker om hierso 'n ge(mis)bruiker te wees
 
 En toe raak die tonge nog losser en begin die Drankbare Brielsusters sing   :icon_biggrin:
 
 PS:Ek het hierdie lirieke eers op 'n ander rak in die skuur gehad, maar dit nou in die woordkroeg kom uitstal
 
 Piet Magriet:
 Hier's sy weer,
 hier's sy weer,
 met haar rooirok voor jou deur,
 sy gaan jou doop, sy gaan jou doop,
 
 al val jy driemaal van jou stoel
 dan staan jy op,
 sy gaan jou kry!
 
 (Diebierebure wou toe al vir PM betaal om stil te bly, toe dig sy maar ander noot voort verder)
 
 Enige Tequila is goed vir my,
 soveel as moontlik
 so gou as moontlik!!
 
 Eish,
 ek het al 'n paar keer afgeval.
 Eers van die lag
 en toe van die gesuip!!
 
 Oeee!!
 Ek laaaiik syp,
 ag ek bedoel suip!!
 Amper val my valstanne
 in my dop!
 
 Keer!  Ag dis te laat, daar val ek al weer af!!
 
 SueEe:
 en Ant Bessie sing....
 "Skoppel-maai, skoppel-maai..."
 o nee, dis mos 'n kroeg en sy's geswaai....
 en die song klink nou skoon anders....
 
 Gawelina: Nuwe Nasionale Volkslied
 Vader Jaaaaacob, Vader Jaaaaacob
 waar's jou vrou, sê my gou
 watter ene soek jy
 hulle is o baaaaaaaie
 ek is moeg
 dood geploeg.
 
 Vader Jaaaacob, Vader Jaaaacob
 stort jy noooog, stort jy nooooog
 dit sal jou niks help nie
 kieme laat hul nie keer nie
 dis klaar in
 binne -in
 
 
- 
				Bewaarde skatte!  Dit is goud werd!  Dankie nog 'n keer Raaitjie.  
			
- 
				Wat gaan hier aan??  Uhmmm???
 
- 
				Hiehiehiehie, ek is verkrukkeld gelag. Dat mens nou nugter, woorddronk kan word.  :book1: Ai, waar is die dae? 
			
- 
				Vader Jokop, jou ou skaapkop
 slaap jy nog?
 slaap jy nog?
 Hoor hoe sing die ducktails..
 Hoor hoe sing die ducktails..
 Rock 'n roll
 Glasies volllllll!
 
 
 :icon_bigsmurf:
- 
				Hahahaha! Mooi man  :headbang:
			
- 
				Sjoe, vat daai "huisbak" my diep in die verlede in en terug.   :love7:
			
- 
				Ek dink nie daar was al OOIT gekuier soos ons hom gedoen het  :toothy4:
			
- 
				Lekker lag ek nou, ek onthou goed van die "drankbare briel susters"  Goeie tye.  Maar ons gaan dit weer doen.
			
- 
				Daardie tye weggebere in die kreukelkamer (Willa se woord) wat ek vir ewig enne biekie troetel.
			
- 
				Naas het belowe hy sal plan maak om te kom kuier!  Nou onthou ek weer hoekom hy altyd 'n verskoning het, hy is bang ons dra hom weer teen die trappe af.   :angel3:  
 Hier is 'n dek voor die voordeur Naas.  Ons kan 'n bed daarbo plaas dan hoef jy nie af te kom solank jy gekuier is nie!
 
- 
				En toe verneuk die college my. Ek het net tyd vir 'n 2dag kuiertjie in Agulhas. Volgende week moet ek met my punts by die werk raporteer en die laaste week moet ek by 'n buite firma gaan werk vir vyf dae as deel van opleiding.
 
 
 :icon_bigsmurf:
- 
				Eish! Rek daai sekondes uit Naas  :toothy4:
			
- 
				Vertel my meer!  Wat op dees aarde wil hulle jou leer?  Verstaan hulle nie hoeveel ons jou hier op die reservaat kan leer nie?
			
- 
				Ek moet gaan leer how die moderne masjiene werk. How werkgewers ons studente ervaar. How om ons opleiding aan te pas by moderne tegnieke end. Sonder ekstra betaling.
 Glo my, ek sou verder by Bulle kom leer om te ontspan en regte steak te braai soos net Hannes kan.
 
 
 :icon_bigsmurf:
- 
				Sterkte!! 
			
- 
				Van bulle gepraat...
 
 I recently spent $6,500 on a young registered Black Angus bull. I put him out with the herd but he just ate grass and wouldn't even look at a cow. I was beginning to think I had paid more for that bull than he was worth. Anyhow, I had the Vet come and have a look at him. He said the bull was very healthy, but possibly just a little young, so he gave me some pills to feed him once per day.
 
 The bull started to service the cows within two days, all my cows! He even broke through the fence and bred with all of my neighbor's cows! He's like a machine! I don't know what was in the pills the Vet gave him ............ but they kind of taste like peppermint.
 
 Nog enetjie:
 
 A blonde and a redhead have a ranch. They have just lost their bull. The women need to buy another but only have $500. The redhead tells the blonde, "I will go to the market and see if I can find one for under that amount. If I can, I will send you a telegram." She goes to the market and finds one for $499. Having only one dollar left, she goes to the telegraph office and finds out that it costs one dollar per word. She is stumped on how to tell the blonde to bring the truck and trailer. Finally, she tells the telegraph operator to send the word "comfortable." Sceptical, the operator asks, "How will she know to come with the trailer from just that word?" The redhead replies, "She's a blonde so she reads slow: 'Come for ta bull.'"
 
- 
				Ek wonder of die tannies in die omgewing veilig was.  (lag)
 
 Die blond kan bly wees haar vriendin is 'n rooikop.