Die Afrikaanse Forum
		Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on May 23, 2011, 12:08:46 PM
		
			
			- 
				Lelies
 
 Ek spin ‘n sysag draad
 oor wilde lelies.
 Lelies purper rooi
 onskuldig wit.
 
 Ek raam elke koelgroen blaar
 met druppel pêrels.
 Pêrels skittermooi
 uit oggend dou geleen.
 
 Dan wag ek vir die oggendson
 Om lig te gooi op kunswerk.
 Kunswerk op te tooi
 Met straaltjies warm liefde.
 Liefde vir die lelies,
 lelies purper rooi
 onskuldig wit.
 
 
 :icon_bigsmurf:
- 
				Dit is voorwaar 'n kunswerk Naas!  So sysag, onskuldig wit, met straaltjies warm liefde!   :icon_salut: 
			
- 
				Ek is seker julle ouens het hierdie mooi gedig mis gelees.  Dit is so mooi!
			
- 
				Absoluut pragtig.
 En wie se mans kan nie ook die pragtig in die natuur raaksien nie.