Piet Magriet: Welkom
Welkom hier by die drankbare drinkersusters se nes
Hier gaan alles! Ons sqeeze en ons teeze
en ons rook en ons suip en ons gaan lekker mal!
Kan ek vir u enetjie skink met twee vingers soet rooi stropies
en 'n voet gemmerlim of verkies u 'n tequilatjie
Sheilatjie?
Ag ekskuus
daar sluk ek jou in
maar wie't vir jou gesê
jy kan hier in my rooiwyn kom lê.
~~~~~~~~
Meraai vannie baai:
©
niemand het vir my gesê
dat ek nie mag kom lê
in jou rooiwyn
nou zoem
ek voort
waar
jy
my
nie
wil
hê
bzzzzzzzzzzzzzb
~~~~~~~~
Piet Magriet
Dit wil vir my lyk
jy het jou vergryp
aan die lag van my wyn.
Solank jy net "happy" is
en ek my vergis
oor die toestand van jou "pyn",
en jy is gladnie gedoem,
kan jy maar rustig voort zoem!
~~~~~~~~
Angelica
Rooiwyn
gaan saam met knettervuur
in die kaggel ook.
Al wat jy dan nodig het
is geselskap
en 'n hond by jou voete.
~~~~~~~~
Hê-hê, daardie gogga zoem nounog hier in my maag. :icon_biggrin:
Loer ek vanoggend met heimwee (ja ek lief my wyntjie) na ons vaatjielyne.
Sowaar! Hier het ons darem sommer so uit die "top van jou kop" geskryf! Sonder om te dink of te redekawel. :hello2:
Ek lief dit as my gatseggies werk! :toothy4:
:pottytrain2: Ag nee, al weer die verkeerde een. :angel12: :bootyshake:
Ek moet hier net noem ter verduideliking - hierdie gewynde verse het ek gegaps uit ons vorige kommentare by die ou forum en in versvorm bewaar. Dit was ons skrywers se eie woorde, net geskommel deur die woorddief. Wat 'n vreugde was dit nie.
PM, ek hoop die nuwe gogga in jou maag het ophou zoem, sien jy het erens genoem dat jy nie te wel is nie :crybaby2:
Dankie vir die omgee sustertjie. Vir drie dae het ek sleg les opgesê, maar toe besluit ek om die gogga te versuip in 'n "glasie" rooiwyn. Hy lê iewers en hik, maar vanaand versuip en hom totaal en al, so 'n wynfraat!. :icon_biggrin: Spelfout! Wynvraat. :nono:
Daardie rooiwyn is ook DIE beste medisyne vir 'n verkoue wat dreig. Outop glo so drie glase is die regte dosis en vir myself het ek menige maal al 'n maagkiem verjaag met 'n gebedelde bier by Outop. Kan sweer by bier vir omgekrapte maag.
Dit klink vir my na die beste medisyne. Ek wag net dat die vliegtuig oor vlieg, dan "slat" ek daai bier "lat" hy weet! :icon_biggrin: Ek sal jou op hoogte hou. :love7:
...maar Paulus het mos vir Timoteus gese hy moet wyn drink vir die maag :icon_biggrin:
Die beste raat vir 'n onstelde maag - so reg uit die Bybelse Wynvat - inderdaad Anton :icon_biggrin: :notworthy:
Ek be-aam dit. Eers 'n glas bier en dan drie glase wyn en jy vergeet van pyn op die maag. :read2: