Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on November 21, 2012, 08:50:57 PM
-
die pyn van stukkies verlang
legkaart vanaand in onthou,
pas netjies in tye wat verby is,
weerkaats beelde in my trane
en sypel weg in woestynsandmôres
-
Dit is vir my vreeslik mooi. Kort en kragtig maar dit spreek boekdele. 'n Legkaart het "stukkies" en dit "pas" pragtig inmekaar om die volmaakte prentjie te skep. :hello2:
-
Enkele woorde wat soveel sê en emosies weergee. Baie goed geskryf.