Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Chichi on November 21, 2012, 04:11:20 PM

Title: AB/Lox??
Post by: Chichi on November 21, 2012, 04:11:20 PM
Kom ek nou net agter jy het twee name op die forum!! so wat hoe ken die mense jou dan nou?
Title: Re: AB/Lox??
Post by: Gawelina on November 21, 2012, 08:26:35 PM
Ons ken hom op albei name en as hy deurmekaar raak, noem ta Raaitjie hom sommer Stoffeltjie.  Hy reageer natuurlik op al die name. Hehehe
Title: Re: AB/Lox??
Post by: PM on November 21, 2012, 08:49:25 PM
AB se regte naam is AB (soos in Afrikaanse AB sonder die C  :icon_biggrin: )en sy skrywersnaam is Lox.  Nadat die brand alles verwoes het, het ek hom op die forum geregistreer as AB.  Ons sal hoor wat hy te sĂȘ het as hy aanteken.   :angel4:
Title: Re: AB/Lox??
Post by: Chichi on November 21, 2012, 11:04:31 PM
Nee die weet ek, AB is sy naam en Lox sy skuilnaam!! Ekt net bietjie laat agtergekom dat hy nie meer "Lox" is nie.

Ek se maar vir hom oom A.  :sign10:
Title: Re: AB/Lox??
Post by: AB on November 22, 2012, 12:22:12 AM
tjiekei die ding werk so

toe ons huis gebrnad het, het my rekenaar en die backups ook uitgebrnad en ek het my LOX aanteken wagwoord vergeet en niemand kon my daarmee help nie, toe registreer PM my maar weer op my naam. ek is tog ek daarom is idt tog my se eie naam.

Title: Re: AB/Lox??
Post by: Chichi on November 22, 2012, 01:18:20 AM
dits okay oom a, ek verstaan dit nou!! ek is bly dinge kyk darm bietjie op nou vir julle
Title: Re: AB/Lox??
Post by: AB on November 22, 2012, 07:51:47 AM
jng die oom besigheid laaik ek nie, ek is seker die 2 de jongste op die forum....net jy wat jonger is.
Title: Re: AB/Lox??
Post by: Chichi on November 22, 2012, 09:33:09 AM
Haha ek het gewag vir daai ene! Dits reg loxi sal jou nie oom noem nie. Daar is nog 'n outjie jonger as ekke ook!
Title: Re: AB/Lox??
Post by: AB on November 22, 2012, 01:22:11 PM
dankie dan verstan ons mekaar. dis by uitsondering dat mense in die duik gemeenskap oom of tannie genoem word, gewoonlik net as hulle ouer as 70 is. onder die water is almal ewe oud want almal beleef dieselle ding.
Title: Re: AB/Lox??
Post by: Chichi on November 24, 2012, 10:25:38 PM
Hehe ek se net oom of tannie vir die wat ek uit die water sleep wanneer ons uitkom en dan vat ek gewoonlik hul gewigte by hulle want die goedjies kan mos maar swaar raak wanneer gravitasie weer in vol swaai is.  Vandat ek die Rescue kursus gedoen het moes ek skielik baie fiks word, die mensies verwag dan sommer skielik baie.  Maar dit bly steeds lekker!! Was vandag bietjie by Miracle Waters, het heeldag gereen so visability was baie sleg hier rondom 5meter, maar dit was nie sleg hier van 12 meter af nie, en op 20 was dit goed, wel goed vir 'n dam elk geval, so omtrent 10 dalk 15meter, maar die watertjies was baie koud, lekker lekker 14grade... Ek was bitterlik bly vir my chicken vest op daai oomblik, thermocline is nooit awesome nie!