Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on November 17, 2012, 09:51:14 PM
-
Ai Fransi, ek moet net gou kom sê: Ek het my pakkie vol sepies vadag gekry en sustertjie, die heerlikste geurlikste reuke het my omarm. My boeta het die pakkie gaan afhaal en toe ek dit gaan "opeis" staan die hele personeel in gelid om tog asseblief uit te vind wat so lekker ruik!
Ons het alles, een vir een, uitgepak en "besnuf".
Nou moet ek net een vir een gaan "uitsnif" as ek alleen met elke sepie 'n gesprek gaan voer. Ek sal wel vir jou kom terugvoer gee. Die reuk is "heilig" sustertjie. Dit laat 'n gevoel van "saligheid" by my.
Baie hartlik dankie vir jou harde werk. Ek lief die sepies en o ja, baie baie dankie vir die ekstra geskenkie. Ek sal dit koester.
Ek lief jou my sustertjie.
-
Ek is so so bly jy hou daarvan! Dit het nou my dag gemaak. :-)
Ek lief jou ook. :love7:
-
Ek jok nie vir jou nie. Vanoggend ruik die hele kamer hemels en dit is nog in die verpakkingsdosie. Dit kan net so goed werk vir 'n "lugverfrisser". Nou gaan ek met my sepies kuier. :icon_biggrin:
Baie dankie Fransi.
-
Ek is effens in die moeilikheid. Ek draai my sepies om en om en wonder vir wiefer moet ek waffer gee, maar so pak ek elkeen weer terug, want ek is 'n suinige seepvraat! Dit ruik nog heerlik en ek wil alles vir myself hou. Dit is nou oulik! :dontknow:
Sies Pieternella! :angel4:
-
Hahahaha, PM, nadat ek die eerstes gemaak het, het ek ook gewonder of ek dit nou regtig moet verkoop, kan ek dit nie sommer almal self gebruik nie. :icon_biggrin:
Ek is beslis nog steeds my eie grootste "fan" ;-). Elke nou en dan moet ek net weer een van hulle gebruik- elke keer 'n ander soort.
Ek is so bly jy geniet dit nog. :-)
-
Ekke is ook heel in my skik met die geurige lyne ... dit maak my glad nie siek nie :hello2: :love7:
-
Ek wil eers alles opruik, dan kan ek dit uitdeel en nuwes bestel. :icon_biggrin: Dit is darem 'n voordeel om te weet daar is nog waar hierdie vandaan kom. :icon_biggrin:
-
Julle maak my dag sonnig, geurig en vol glimlaggies en dit was ook my wens met die produkte. Dat dit ander se gees sommer sal lig. Dit maak dit regtig die moeite werd om aan te hou. 'n Groot dankie vir julle. :-)
Ek waardeer dit inniglik.
Daar is so baie idees, ek bly net nie voor nie. Ek het nou ook kalenders gemaak vir 2013 wat foto's van my skilderye en tekeninge op het. As ek ons kamera kan opspoor dan kan ek ook die nuwe produkte waaraan ek gewerk het opsit soos olies wat gebruik kan word vir massering of om mee te bad, juweliersware wat dele in die natuur soos die maan vas probeer vang en kruie. Dit is so lekker om skeppend te kan wees en dit is hemels wanneer iemand sê dat hulle 'n produk geniet.
Dit maak my dag.
Baie dankie vir julle! :love7:
-
Kom wys! Kom wys!! Fransi ek lief jou passie :love7:
-
Ja ek wil ook sien. Ek sleep twee stoeltjies nader vir my en Raaitjie.
Wens dit was so maklik om almal gelukkig te maak.
Ek kan nie onthou of ek vertel het dat elke sepie in sy eie sysakkie verpak is nie. Dit is net vir my baie spesiaal.
-
Dankie PM en Meraai. :-) :love7:
Die kamera is nog soek, maar ek kan darem die kalenders wys.
-
Fransi!!!! Dit is asemsnak mooi!!! Jy het 'n groooootse talent :hello2: :book1: :notworthy:
-
Goeie genade! Ek lief jou kunswerk. Daardie gesigte is ongelooflik mooi vir my. Jy het beslis 'n pragtige talent. :notworthy:
Ek sou graag al jou skilderye in jou eie plekkie wou sien Fransi. Kan jy nie asseblief 'n plan maak nie?
-
Dankie PM en Meraai. :love7:
Ek sal kyk watter is nog nie daar nie en dit dan daar plaas. :-)
-
Dit is werklik 'n groot aanwins vir ons. Ek kan nie wag nie!
-
Dankie PM. :-)