Die Afrikaanse Forum

Digkuns => Digformules of -strukture => Topic started by: Naas on May 21, 2011, 01:37:16 PM

Title: Haiku en Tanka struktuur
Post by: Naas on May 21, 2011, 01:37:16 PM
Haiku.
Die gedig bestaan uit 3 rymlose versreels met 17 lettergrepe

Eerste reel = 5 lettergrepe
Teede reel = 7 lettergrepe
Derde reel = 5 lettergrepe


Tanka is ‘n uitgebreide Haiku.
Die gedig bestaan uit 5 rymlose reels met 31 lettergrepe

Eerste reel = 5 lettergrepe
Tweede reel = 7 lettergrepe
Derde reel = 5 lettergrepe
Vierde reel = 7 lettergrepe
Vyfde reel = 7 lettergrepe

Voorbeeld:

Opkyk Vrede

Valk hang vlerkklap stil,
skerpoog priemend deur die gras.
Muis se uur gaan breek

Skarrel ons vir kos?
Ons plant en ons saai en maai.
Heen en weer ploeg ons,
werk en arbeid elke dag
met die doel om te oorleef

Sien uit die hemel,
muismens sonder opkyk werk
se uur het gebreek.

© Naas

Eerste strofe = Haiku
Tweede strofe = Tanka
Derde strofe = Haiku

 :icon_bigsmurf:

Ek hou daarvan om die twee so te kombineer maar elkeen kan ook op sy eie staan as 'n gedig.
Title: Re: Haiku en Tanka struktuur
Post by: PM on May 22, 2011, 09:50:37 AM
Dit is 'n baie goeie kombinasie Naas.  Baie dankie, nou moet ek gaan kersopsteek!  Die uitdaging lê meestal daarin om sulke goeie gedigte te skryf soos julle. 
Title: Re: Haiku en Tanka struktuur
Post by: PM on May 22, 2011, 10:06:32 AM
Hier kom hy!

Vrugtesmous

Lag hy so haasbek,
piesangs peer en papajas
soet-soet en cheap-cheap!

Vroeg opstaan ‘n moet,
om die koue te trotseer.
Geen kerm, geen kla,
al wat nou werklik saak maak
is kossies op die tafel.


Haasbek en kaalvoet
roep die verkopertjie uit:
Dit is werklik soet!

Naas, ek hoop nie die halfrym gaan my diskwalifiseer nie!
Title: Re: Haiku en Tanka struktuur
Post by: Naas on May 23, 2011, 09:01:33 AM
Dis 'n mooi voorbeeld PM. Die reels vir die Tanka en haiku se nie beslis geen rym nie maar wel rym is nie nodig nie.
Ek sien nou by die digklub by my skool dat die leerders dink alle gedigte moet rym. Dis dan wanneer dwangrym alles bebodder.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Haiku en Tanka struktuur
Post by: PM on May 23, 2011, 10:49:25 AM
Dis soos visvang,  as die bedobber nie werk nie moet jy maar die lyntjie aan die hand vat.   :icon_biggrin:

Dankie Naas,  nou wag ons vir die ander. 

Ek het gedink dat 'n mens gladnie mag rym met hierdie struktuur nie,  het maar 'n kans gevat. 
Title: Re: Haiku en Tanka struktuur
Post by: Trapsoetjie on May 23, 2011, 11:04:23 AM
 :read2: Goed gedoen.  :love7:

Sover ek weet is daar geen rym by Haiku nie. Nie so op die hoogte met Tanka nie. Gaan wel bietjie kopkrap en kyk wat ek kan spoeg en plak.   :love7:

 :angel12:
Title: Re: Haiku en Tanka struktuur
Post by: Trapsoetjie on May 23, 2011, 12:01:30 PM
 :dontknow:

Gebreekte beloftes!

Voetspore breek deur,
geraas wat bars in my hoof
speeksel vervloek ons.

Rivier vloed water,
rammel duister gevolge.
Breek die dam se wal,
druppels reën val op my wang.
Gure weer struikel oor ons.

Met winter op my.
Kan jy die ys voel groei in
besluite gemaak?

© Trapsoetjie

 :angel12:
Title: Re: Haiku en Tanka struktuur
Post by: PM on May 23, 2011, 12:52:47 PM
Mooi Trappies.  Jy kwyt jouself so goed van jou taak!   :love7:

Ek hou van die titel ook.
Title: Re: Haiku en Tanka struktuur
Post by: adele on May 23, 2011, 07:58:26 PM
'n jaar en half gelede het ons hierdie haiku saam geskryf.
[ek het die strofes van nie-lede uitgehaal)

 :grommit:

Winterkou

volrond swanger vrou
in barensnood verwagtend
om sneeu uit te stort          [PM]


Winterwind

Stil jy in die wind,
jou ysige vingers trek
wolkskadu verby.           [adéle]


Wintermelodie

koue winter wind
speel blokfluit deur my vensters
my hart se gleufies          [PM]


Winterwit

Rol jy in die sneeu,
jou wit kombers rondom my
so knus toegevou.         [Naas]


Skelwinter

Lang swart takvingers
gryp verwoed na die grond om
wit sneeu te verjaag.           [PM]


Naakwinter

Die naakte stamme
verbleek onder die ysreën,
kil, onguur en doods.           [adéle]


Treurige Winter

die honger wolf tjank
weemoedig, die winternag
langsaam te verdryf           [PM]


Winternag

Bibberende nag
word snoesig toegevou in
warm sonbaadjie.          [PM]


Wintersnikke

Hik-hik die bult oor
tot anderkant die kranse
somer te gaan haal.          [adéle]

Title: Re: Haiku en Tanka struktuur
Post by: PM on May 24, 2011, 08:38:48 AM
Warm klop my hart om jou hier welkom te heet Adéle.  Baie dankie vir die aandra van "lang-vergete-juweeltjies". 
Kyk net hoeveel titels het ons geskep vir elke haiku! Hê-hê, ek lees nou weer dat 'n haiku nie 'n titel het nie

Kan ons nou met 'n "Somer titel" speel?

Sommer net 'n insetseltjie.  Lees gerus hier,  dit is nogal insiggewend. 

http://www.ahapoetry.com/h_t_fragment.html


Title: Re: Haiku en Tanka struktuur
Post by: adele on May 24, 2011, 05:41:15 PM
jip, sonder titel, 5-7-5 lettergrepe, geen rym, meestal oor natuur en emosies ens het ek by julle geleer, maar die titels by ons wintergedig het so goed ingepas.

 :grommit:
Title: Re: Haiku en Tanka struktuur
Post by: Naas on May 24, 2011, 06:01:23 PM
Dis mos ons werk. Egte SA-Haiku's. Ons mag mos die reels buig...


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Haiku en Tanka struktuur
Post by: PM on May 25, 2011, 10:22:31 AM
In my oplees,   :icon_biggrin:  is daar baie ouens wat nie meer by die 5-7-5 reël hou nie.  Hulle seg ons is outyds!   :icon_biggrin:  Ek stem saam Naas,  alles werk nie altyd vir Afrikaans so maklik as vir ander tale nie. 

 :sign10:  buig hom,  moet hom net nie breek nie!   :sign10:
Title: Re: Haiku en Tanka struktuur
Post by: Edelsteentjie on June 12, 2011, 06:18:05 AM
Ek gaan bak-arm myne versamel en kom plaas. Die rede waarom ek so lief is om soms Haikus te skryf is juis om myself te dwing om weg te kom van rym. Rym kom maklik vir my, en alhoewel dit nie rymdwang is nie, probeer ek soms doelbewus daarvan ontkom.
Julle werk hier is puik. Sal later myne kom plaas en nog so paar eiertjieslos oor die digvorms. Hie hie, nie vrot eiertjies nie.
Title: Re: Haiku en Tanka struktuur
Post by: PM on June 12, 2011, 06:53:01 AM
Dankie Edelsteentjie.  Ons sal jou inset baie waardeer.  Kan nie wag om te sien wat bring jy nie. 
Title: Re: Haiku en Tanka struktuur
Post by: Edelsteentjie on June 12, 2011, 08:52:51 AM
Ek stem saam met Naas. Al die digvorme is daar om te help om gestruktureerd te werk, maar soms as woorde in jou hart ontkiem en wag om gebore te word, moet dit sommer spontaan gebeur. Daarom dink ek digvorme kan beslis gebuig word en soms selfs geheel en al geignoreer word.

Die Haiku het in Japan ontstaan en sal mens vind dat selfs hulle soms van die vaste patroon weggeswenk het. Die oorspronklike Haiku wou dit he dat 'n seisoen tema gevolg word. So sou 'n gedig handelend oor kersies in volle vrug bv somer suggereer. Die eerste deel (gewoonlik die eerste twee 'versreels') en die laaste moes 'n breek in betekenis toon. So sou bv die eerste twee oor iets letterliks in die natuur handel, met die laaste wat metafories na iets anders verwys:

Bv Blare tuimelval
    Grondkombers van kleureprag
    My siel skoongestroop

Die eerste twee versreels verwys letterlik na 'n herfsverskynsel in die natuur. Die laaste 'n metaforiese verwysing dat, soos in die natuur, die seisoenale proses van heroorweging en herbesinning ook in die mens se binneste ervaar word.

Interessant dat die oorspronklike Japanese Haiku alles in een versreel geskryf was.
Title: Re: Haiku en Tanka struktuur
Post by: PM on June 12, 2011, 09:05:13 AM
 :hello2:  Baie dankie Edelsteentjie.  Ek het nou weer na my plakseltjies gekyk en gesien dat ek soms nie so goed geslaag het met my Haiku nie. 

Vir my is dit belangrik dat iemand prontuit reghelp waar ek verkeerd loop,  anders sal ek nooit leer nie.   :notworthy:

Die strukture leer my dissipline.  Dit laat my kopkrap totdat ek die regte woorde vind vir die lettergreeptelling.  Dit ruk aan my lui denkpatroon en verplig my om "te werk"  aan die gedig. 
Title: Re: Haiku en Tanka struktuur
Post by: Meraai vannie Baai on July 27, 2011, 11:22:30 AM
Grote griet verdriet!!  Druk ek verkeerde knop ... wou my eie post edit en daar byt Edelsteentjie se plasing in die stof:

Grooooot verskoning mater: hier is wat jy geskryf gehad het.

Ja, ek geniet ook soms die uitdaging om volgens struktuur te skryf. Maar ek dink mens moet ook toelaat dat jou hand vryelik mag werk. Balans, dalk.

 :notworthy:
Title: Re: Haiku en Tanka struktuur
Post by: PM on July 27, 2011, 03:09:01 PM
Ek wonder waar is Edelsteentjie.  Weet een van julle dalk?
Title: Re: Haiku en Tanka struktuur
Post by: Naas on July 28, 2011, 09:20:26 PM
Dalk in iemand se verloofring?


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Haiku en Tanka struktuur
Post by: PM on July 29, 2011, 05:18:49 AM
 :icon_biggrin:  Stout Naas.   :icon_biggrin:
Title: Re: Haiku en Tanka struktuur
Post by: Marius on February 20, 2013, 01:24:59 AM
Haiku skryf vir die beginner - deur Marius Buys
 
As 'n digter in n honderd woorde moet se waarvoor die boekskrywer tien-duisend woorde gebruik, dan is haiku sekerlik die digter se digter.
 
Die Japanese beskou haiku as 'n ongelooflike sagte, half droomverlore, maar tog skerpsinnigge, vorm van skryf, gestroop van omwondige beskrywing en toevoeging. Om 'n haiku (of senryu) te skryf is nie só moeilik as jy nie oortegnies wil raak nie en belaglik kompleks as jy wil! Die skryfvorm alombekend as haiku, is van Japanese afkoms, en is 'n samevoeging van twee betekenisse: "hai" (leeg of tot ruste) en "ku" wat (lugruim) beteken.
 
Hier volg n paar wenke wat jou op die regte spoor sal plaas.
 
1 Haiku poog om die leser 'n gevoel of oomblik te laat ervaar deur direkte waarneming en indirekte besef sonder beeldspraak, digterlike beskrywing of interpretasie. 'n Leser word dus nie van iets vertel nie maar moet dit eerder eerstehands ervaar.   
 
2 Haiku bestaan uit drie lyntjies wat gewoonlik elkeen iets apart beskryf maar wat tog aan die ander lyntjies verwant is deur 'n situasie of plek. 
 
3 Haiku bestaan uit twee betekenis gedeeltes gewoonlik geskei deur 'n komma/leesteken of skeidende woord ("kirji") wat die skeiding aandui tussen eerste en tweede gedeelte van die haiku.
 
4 Die laaste lyntjie van die haiku is verwant aan die eerste twee lyntjies maar bied 'n totaal nuwe insig op die situasie. 
 
5 Haiku bevat erens in die haiku 'n sogenaamde seisoenwoord (kigo) waaruit die leser die seisoen kan aflei sonder om die seisoen te noem. Die woorde somer, winter, lente en herfs word liefs nie in haiku gebruik nie. 
 
6 Haiku vermy rym, hoofletters en 'n skrywe titel.
 
7 Haiku bevat verkieslik een, hoogstens twee werkwoorde en/of lidwoorde.
 
8 Haiku verander van 'n haiku na SENRYU as daar menslike elemente of dinge in die skrywe voorkom. Senryu bevat gewoonlik 'n humoristiese element van sagte spot of komieklike insig in die laaste lyntjie. 
 
9 Haiku word gewoonlik "OOP" gelaat sodat die leser self kan dink wat daarna gebeur het.
 
10 haiku word verdeel in sewentien lettergrepe en gewoonlik as volg geskryf:
 
lyntjie een - 5 lettergrepe
lyntjie twee - 7 lettergrepe + ('n komma)
lyntjie drie - 5 lettergrepe (wat 'n nuwe verassende insig op lyntjie een en twee bied) 
 
11 Die Japanese vorm word getel in klankgrepe eerder as lettergrepe en word NIE aangeraai vir nuwe skrywers nie. Die woord "Land" word bv.as 1 lettergreep in Westerse haiku vorm getel maar as 2 klankgrepe in die Oosterse vorm.
 
As die haiku gogga jou eers gebyt het sal jy ure sit en tob oor die en daai woord en jouself verwonder hoe goed sommige haiku skrywers hulself kan uitdruk in 'n lyntjie van so min as vyf lettergrepe!
 
Vooorbeelde van Westerse haiku:
 
bosvelddammetjie
brulpadda op klip spring in,
die klank van water
 
pik pik op my werf
as my hond die nylvoël jaag,
ha ha ha di da!
 
Voorbeelde van Westerse senryu:
 
woordewisseling
op die hoogtepunt daarvan,
skink manlief haar tee
 
 
jong tango dansers
dansvloer gevul met passie,
ou paartjies glimlag
 
Kopiereg Marius Buys 2012
Title: Re: Haiku en Tanka struktuur
Post by: PM on February 20, 2013, 03:24:55 AM
Dit is 'n uitleg duisend.  Baie dankie Marius.  Ons sal nog sulke insette baie waardeer.  

Hier is my senryu-probeerslag:

Afrikaanse groep
oud onderwyser spring in,
en die pennie val      :icon_biggrin:

 :bootyshake:

Ek is nou nie seker of ek die A 'n hoofletter kan maak nie.  Lewer asseblief kommentaar.
Title: Re: Haiku en Tanka struktuur
Post by: Meraai vannie Baai on February 20, 2013, 05:39:18 AM
As lettergrepe
jou soos 'n woordluis kom byt,
krap jy ook jou kop!

 :toothy4:
Title: Re: Haiku en Tanka struktuur
Post by: adele on February 20, 2013, 08:23:11 PM
hi lief meraaitjie
jy het die mooiste griffel
haiku in ons taal

 :grommit: 
Title: Re: Haiku en Tanka struktuur
Post by: Meraai vannie Baai on February 21, 2013, 06:24:57 AM
Oi joi joi Adele, dankie baie baie vir die gawe woorde  :love7: :notworthy:
Title: Re: Haiku en Tanka struktuur
Post by: Marius on February 21, 2013, 10:06:02 PM
Dankie vir die kompliment PM, eiename word met 'n hoofletter geskryf in senryu. Onthou dat daar gewoonlik'n tipe sagte self spot of humor in senryu gebruik (senryu = haiku met 'n menslike element in) :)

Een van my gunstelinge:

Somervakansie
Durban bunnychow waaghals,
huurtoilet beset.
Title: Re: Haiku en Tanka struktuur
Post by: PM on February 22, 2013, 03:40:11 AM
Dankie Marius.  Ek geniet dit om besprekings oor die reëls van gedigstrukture te hê. Daar is soveel bronne wat van mekaar verskil en met besprekings kan ons bepaal watter rigting ons wil inslaan.