Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Meraai vannie Baai on November 15, 2012, 06:33:43 AM

Title: Ek en jy (op versoek van Gawie vir haar geplaas)
Post by: Meraai vannie Baai on November 15, 2012, 06:33:43 AM
Ek en jy

Ek en jy is nie 'n Rembrandt prent
of dalk 'n maanlig simfonie,
tog is jy  my meesterstuk
my Dawidsbeeld, my lief.

Ek en jy loop nie in Levi jeans,
nog minder dure pels of sy,
tog vou jou arms knus om my,
soos ouma se laslappieduvet.

Ek en jy is nie vreemde woorde nie
ook nie franse cabernet
tog lees ek liefde in jou oë, my lief
hoor my naam in elke asemteug.

Ek en jy bly nie in prag en praal
eet brood en wyn, 'n kersligmaal,
tog is jou lippe  Franse kaviaar
en jou hartklop my Aïda mars.
Title: Re: Ek en jy (op versoek van Gawie vir haar geplaas)
Post by: Fransi on November 15, 2012, 07:15:49 AM
Pragtig geskryf.
Title: Re: Ek en jy (op versoek van Gawie vir haar geplaas)
Post by: PM on November 15, 2012, 10:09:57 AM
Dankie julle twiekies vir die plaas hiervan.  Ek het vanoggend tret met tyd verloor en moes toe net gryp en hol. 
Dit is soooo mooi geskryf Gawie, dit gaan reguit boek toe. 
Title: Re: Ek en jy (op versoek van Gawie vir haar geplaas)
Post by: Gawelina on November 15, 2012, 01:28:16 PM
PM ek vergeet ook van tyd as ons stomklets. Dankie vir die plaas Raai en vir almal wat kom lees.
Title: Re: Ek en jy (op versoek van Gawie vir haar geplaas)
Post by: Meraai vannie Baai on November 16, 2012, 05:12:44 AM
My plesier gewees om hierdie gunsteling te kom plaas matertjie!  :love7:
Title: Re: Ek en jy (op versoek van Gawie vir haar geplaas)
Post by: Ah Willa on November 16, 2012, 09:53:49 PM
dis verby mooi gawie en ek lief jou afsluiting ... en jou hartklop my Aïda mars.  ek hoor die mars op jou ritme :-)