Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on October 23, 2012, 09:29:18 AM
-
Ouma Naas is gister in die hospitaal opgeneem. Dit gaan sommer baie beter met haar. Sy sê hulle kyk mooi na haar en die suurstof verrig wondere. Sy kry antibiotika vir die infeksie in die longe en dit gaan sommer stukke beter.
Trappies, Ouma Naas is so dankbaar vir jou en moeder se besoek. Sy sê dit het haar innerlike versterk en nou sien sy sommer kans vir die dinge. Baie dankie vir die omgee sustertjie.
Vandag word daar ekstrale geneem en ek wag in spanning om die uitslag te hoor.
Naas, aangesien die blomme en reuke nie lekker met Ouma Naas saamspeel nie, wil ek weet waarmee kan ons haar bederf. Help asseblief. Sterkte ook aan julle boeta. Ek glo Ouma Naas sal sommer gou gesond wees en weer haar stoute self wees.
-
En hier van oorkant die waters stuur ons arms vol mooi dinge, gou gesondwordwense en drukkkkkies vir ouma Naas :love7:
-
Dankie julle. Ons waardeer.
Ouma se longe was gister so swak dat dit nie eers op die longfunksiemasjien geregistreer het nie. Sy het gistraand met besoektyd maar bietjie gesukkel.
:icon_bigsmurf:
-
Hartseer lees ekke nou hier. Weet mos alte goed hoe bitter dit is om swaar te trek vir asemteuge wat ons normaalweg nie eers van bewus is nie. ((((((((Ouma Naas)))))))) :love7:
-
Toe ek gisteraand Ouma Naas se vrolike stemmetjie hoor was ek sommer bewoë. Dit klink regtig vir my of sy baie beter is. Naas, jy moet kom vertel asseblief. Jy sien haar, ek hoor haar net.
-
Gee haar tog stywe drukkie van ons kant af ook asb.