Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Die kiekiekyk plek => Topic started by: Meraai vannie Baai on October 19, 2012, 01:10:34 AM
-
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Papegaaiverkykhom.jpg)
Bloooos, :icon_bigsmurf: ons het nog nie die watergaatjie se seilkante begrawe nie, so ek het ingerol, vasgepak met alles wat rondle vir eers tot Outop vanaand die krag en moed bymekaar gaan skraap om te begin met die afronding en begrawery. Terwyl ek my koffie sit en drink kom maak die ou 'n draai en toets my vaspakvermoe tot die uiterste deur op die voerbak te gaan sit! Gelukkig het ek kamera by die voete gehad en kon stadig afbuk en kliek en kom wys
:icon_biggrin:
-
Dankie vir die deel Raaitjie, heerlik om so vroegdag in julle tuin te kuier. :wave:
Die pappa-gaai lyk soos die standbeeld van 'n engel.
-
Bly jy kon saam geniet PM. Ek sien wat jy bedoel met die 'engelpapgaaitjie'. Gedog ek het hom gemis toe ek kliek. Wonderlik die verrassing toe ek sien sy weerkaatsing in die water is ook daar :icon_biggrin:
-
Ja, werklik pragtig. Wie het nou sementbeelde nodig as jy vleis-en-bloed-beelde het. :icon_biggrin:
-
...en vere hehehehe!!