Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Die kiekiekyk plek => Topic started by: PM on October 17, 2012, 08:16:03 AM
-
Ek het probeer foto's aflaai maar dalk is dit te groot. Hoe nou gemaak om dit kleiner te kry?
Raaitjie ek het probeer met photobucket maar sal eers weer die program moet aflaai. Met die nuwe rekenaar is ek verlore.
-
Ek het nie 'n program wat dit kleiner kan maak nie, tikker wat dit opgehad het, het begin rook toe staak dit! Wat ek doen as ek vir fam wil stuur, plaas ek dit eers op FB wat dit outomaties kleiner maak en dan gaan stoor ek dit weer vandaar na 'n legger in die kleiner formaat. Langpad maar dit werk as jy nog nie photobucket weer op jou neukenaar het nie. By photobucket is daar 'n kleinermaak funksie wat ek gebruik hier vir die forum se fotos deel.
-
hie hie, het jou tikkertjie ook met rook gewerk? :crybaby2:
en toe dit ontsnap, toe is tikkertjie moeg.
:grommit:
-
kyk of jou microsoft office 'n foto program in het, sommige het en ander nie. Regs klik op die foto se file en seg "open with"en dan soek jy die microsoft picture manger program.
ander manier is om die foto vir jouself te e pos. regs klik op die file en dan op send to mial recipent en dan by attach is daar verskillende opsies van hoe groot jy die foto wil stuur, keis die klenste en e pos die foto aan jouslef. dis nie die regte manier nei maar dit help.
Di etikkertjie wat et kole werk meraai: sjoe ek hoop jy was tuis om te keer dat die plek nie afbrand nie.
-
Jitte Stoffel ek was sooooo dankbaar dat ek wel tuis was. Ek het eers elektriese drade wat brand geruik, en toe ek in ons kamer kom sien ek die rook trek uit tikkertjie!! Gouste wat ek prop uit muur trek :icon_bigsmurf:
Dankie vir die inligting oor die fotos kleiner maak, ek gaan beslis probeer :icon_salut:
-
So, dit het toe met rook gewerk! :icon_biggrin: Skerp Adéle. Is jy reg vir die groot dag?
Dankie AB, ek sal weer probeer.
-
Hier is my varkoortjies.
Nee, dit is nog te groot. Sal weer probeer.
-
Kom ons kyk nou.
Ag voertsek! :color:
-
ek weet nie hoe dit werk nie maar ek het micro office picture manager waarmee ek my foto's 'compress' vir epos en FB.
dan kliek ek hier onder op additional options en gaan haal 'n foto en dit werk elke keer.
:grommit:
-
Hier is dit!
-
Die vetplantrangskikking wat ek vir Hannes geplant het. Al die plantjies wat hy huistoe dra!
-
'n Besonderse vetplant en pers varkoortjies en sommer net nog plantjies.
-
En nog plantjies. Ek is mal oor Begonias.
-
Die Begonia aan die regterkant van die foto het net een piepklein blaardjie aangehad toe ek dit vir R90.00 gekoop het. Hannes het nie gedink dit is 'n winskoop nie. Dit begin nou al na iets lyk en die blare gaan nog baie groter word.
-
Ekke eers gou prentjies in klein gekyk, bang outop klop aan deur en ek sien nie gou almal nie. Nou kan ek rustig oopmaak en GANIET! Dit lyk so pragtig PM :notworthy: :icon_salut:
-
Oeee ekke lekker gekyk. Almal nou groot oop so ek sit rustig agteroor en geniet :love7: Daar is niks so lekker soos tuinmaak, nee wag ek lieg :icon_bigsmurf:
-
Dankie matertjie. Dit was harde werk maar die plesier daarvan is al die moeite werd. Ek bring nog.
-
Nog 'n Begonia.
Die piepklein beeldjie wat nog geverf en die regte staanplek moet kry.
Die watergees! Hy moet plat geleg word en vol water gemaak word. Die hand is 'n bietjie groot vir hom en ek sal 'n kleiner een gaan soek.
Die vogeltjies se drinkbakkie langs die "nuwe" visdammetjie.
-
Die "pap-brood-vrugte-bakkie vir ons geveerde vriende. Hier kan julle ook sien hoe loop die nuwe blare orals uit. Kompus, kunsmis en liefde help!
Die visdammetjie met Jo wat sit en visvang.
Die mooi ou beeldjie met die meisie en haar blomme. Die filter is al agter die klippe weggesteek, maar die pype moet nog "verbloem" word.
Dawid is in ere herstel, maar ek dink ons sal maar vir hom 'n "lendedoek" moet aantrek. Ek weet darem nie. Dalk kry hy verkoue. Die pienk kwartskristalle moet nog gepak word.
Nog 'n waterfonteintjie en die blomme wil uit hul nate bars.
Dit is al vir vandag. Dankie dat jy my hand gevat het en saam met my deur my tuin gewandel het.
-
Ekke het sooo lekker gedwaal saam met jou. Ruik die nat grond, plante en mooie dinge. Mater jou tuin is al klaar weer 'n paradys en Adam pas liefffflik daarin sonder vyeblaartjie. Het so rukkie ektra vertoef by die beelde ... Die Liewe Vader het die mens darem mooi gemaak ne!!
-
Dankie vir die saamstap Raaitjie.
Pragtig Sustertjie, pragtig. :angel12:
-
Dit is so mooi. Ek lief dit.
-
Dankie Fransi. Ek dink altyd 'n tuin is die huis se "kapsel". Dit is die "siel" van die tuiste.
Orals staan nog sakkies met plante wat geplant moet word, die grondbedekkertjies het weggespoel en ek moet nog daaraan werk. As alles klaar is en mooi gegroei het, sal dit beter lyk.
-
Die huis en woonstel. Aan die linkerkant is die woonstel.
-
Hier kyk ek deur die venster op die tuin. My lesenaar staan in hierdie vertrek.
Hier is my beeldjie wat ek by WW gekoop het en 'n foto van die boek.
-
Hierdie groot skulp het ek by my jongste gekry. Die beeldjie het daarin opgeland.
-
:hello:
Dit is alles pragtig- boek, beeldjies, plante! En natuurlik die skulp. Ek lief skulpe. My een skoonsus het ook vir my 'n groot perlemoenskulp gegee en die het nou al gedien as houer vir my produkte in die foto's en ons seephouer in die badkamer. Orals in die huis is daar bakke en plekke vir skulpe en klippies (half edelgesteentes). :-)
Het jy al gehoor van die raad van 'n bietjie bier vir jou varings? My enetjie op die stoep sukkel bietjie en ek sal graag wil hê hy moet ook gelukkig wees. Het jy dalk vir my raad asseblief?
Julle tuin is regtig 'n paradys.
-
Ek lieffff dit!!! :love7: :hello2:
-
Daar is so baie soorte varings. Party tuiniers sweer dat "cycad mix" uitstekend werk vir boomvarings in die tuin.
My "pot-varings" kry een maal 'n jaar 'n nuwe pot wat effens groter is met vars varing-potgrond.
Ek maak al my teesakkies bymekaar, breek die sakkie oop en gooi die teeblare langs die varing op die grond.
Varings hou van vloeibare kos, dit absorbeer vinnig en maklik. Daar is 'n "fish emulsion" op die mark. Gebruik dit soos op die bottel aangetoon. Dit stink 'n barshou, maar dit is goed. So een keer in drie maande kry al my potplante daarvan.
As jy nie die varing wil uitplant nie, kan jy net so 5cm organiese kompos in die pot plaas. Net een keer per jaar behoort genoeg te wees.
Soms is geel blare 'n teken van te veel kos. Varings hou van suurgrond. Peat moss is goed. Gooi so 'n bietjie oor die kompos.
Sorg dat varings een keer per week goed deurnat gemaak word. Verder kan 'n mens dit twee keer per week "sproei" met louwater as die atmosfeer warm is. Spuit die sproeier in die lug bokant die varing dat dit daarop reën.
Enige plant haat eensaamheid. Plante wil maatjies hê om mee saam te kuier. :icon_biggrin:
Die bier word gewoonlik in 'n pierinkie langs die varing se stam, in die pot geplaas, om slakke te bekamp. Sodra jy 'n slak of twee gevang het moet die pierinkie met nuwe bier volgemaak word.
Ek het nog nie gehoor van bier direk vir die plant gee nie.
Praat met jou plante. Hulle het die liefde nodig.
Mense praat van "groenvingers" en dit is maar net kennis. "Googel" is die beste hulpmiddel.
Nou onthou ek hierdie gratis e-boek en dit is 'n wenner.
http://www.gutenberg.org/files/11365/11365-h/11365-h.htm#adder
-
Baie dankie PM! Dit is waar, ek gesels met my blomme en kruie en die bome, maar die arme varing het nog net bekommerde kyke van my af gekry. Ek sal bietjie hom aanmoedig met woord en daad. :-)
-
Hier is nog 'n paar foto's.
Hierdie poppie soek nog 'n plek.
-
Hierdie is die grootste varingblaar wat ek nog gesien het.
Ek wonder of die blaar wat so in twee gedeel het 'n vreemde verskynsel is. Ek het dit nog nie van tevore gesien nie.
-
Dawid het nou weer sy pienk kwarts by sy voete. Die pienk blommetjies laat dit so mooi vertoon.
-
Die wasplant is vol blomme.
-
Nou het die beeldjie haar Mona Lavender gekry en sy is baie gelukkig daarmee.
-
Dit is so mooi PM. Ek verkyk my ontrent. Dit lyk asof 'n mens rustig daar kan sit en net wees. Een voel met alles.
-
Al wat skort is die voëltjies se gesing. Ek is nie 'n mens wat kan sit en niks doen nie, maar om onder die boom te sit en jou te verkyk aan die "lewe" om jou is soos 'n vakansie. :icon_biggrin:
Hier is 'n vink wat nou besig is met sy derde nessie. Ons hou maar vir hom duime vas dat hierdie poging geslaagd gaan wees. Hannes sê hy sou lankal vir hom 'n ander wyfie gaan soek het wat nie so puntenerig is nie.
-
Hier kom loer ek nou eers in!!
Sjoe PM jy het 'n prag tuin hoor! Ek lief 'n prag mooi vriendelike tuin ... osn tuin is tans 'n woestyn - maar sodra ons die honde kan hou aan die een kant van die huis ... dan gaan ons tuin ook mooi word - dis baie kleiner as joune wel .... maar ons het cool idees om dit grooter te laat vertoon :-)
NS - ek lees jy het gesukkel om foto's te rezise en Raaitjie se raad om dit eers op FB te laai ....
hier is 'n cool online foto editor - jy kan tot effects add maar jy kan die size en format ook verander en dis passela!
http://www.picresize.com
-
Dankie Wils. Dit sal gaaf wees as jy al hierdie inligting by die inligtingskantoor kan plaas.
Ek het sommer AB se raad met Office gevolg. Adele het so 'n bietjie gehelp en toe maak ek die foto's sommer baie maklik kleiner. Ek het ook by die inligtingskantoor verduidelik hoe 'n mens dit doen.
Vir ouens wat nie die program het nie sal hierdie uitstekend werk. Een van die mooi dae sal ek tyd hê om lekker met al die hulpmiddels te speel. Tans gaan dit nog dol.
-
Hier ook dol - besides Theo (waarmee dit baie goed gaan en hy blom elke dag meer!)
is dit die Trap vir 'n Smile event en Moebius Syndrome Awareness Events en mariette se website wat druk
en ons maak ons swembad toe om tuin te maak vir die honne/katte/hasse en Theo en 'n klim en klouter area vir hulle te skep, sodat die voortuin nie soos 'n woestyn moet lyk die heeltyd nei ...
sal later fototjies kom deel ... ek draf nou eers weer voort :angel8:
-
Dankie vir die inloer. Sterkte met al die projekte.
-
van tuin gepraat
ons tuin verwaarloos nou vir die eerste span. as mens nie by 'n plek is nie dan gebeur sulke dinge, ek probeer maar die plante aan die gang hou met water gee maar ook nei 100% sukseksvol nie.
-
Jy is reg en niemand kan jou tuin versorg soos jyself nie. Ek sukkel nou al vier maande om vir "oupa Frans" te leer wat is bossies.
Voor ons weg is het ek 'n hele klomp vetplante by my skoonsus gekry en ons het dit net eers in potjies geplant. Ek hoop maar dit is nie versuip teen die tyd wat ek by die huis kom nie. :icon_biggrin:
Ek soek na twee kruiwaens wat nog yster wiele het. Ek wil 'n rotstuin daarin bou.
-
Hier by ons is dit maar droog. Teen hierdie tyd het die boere al gewoonlik begin te plant, maar die grond is nog te droog hierdie jaar.
Die kruiwa rotstuin klink na 'n lieflike idee, PM.
-
Ek het hierdie prentjie van die een kruiwa 'n bietjie hoër as die ander een voor, (die wiele moet na jou wys) met vetplante en cacti. Dan wil ek nog drie kruiwaens kry om 'n waterval mee te bou. (Wiele moet na bo wys en die handvatsels na onder, sodat die water bo kan ingaan en onder uit, in die visdammetjie in.)
Mal soos 'n haas, ekke.
-
Ons het een so krywa - maar sonder sy wiele - wil ook 'n tuintjie in dit bou - kom net nie daarby uit nie :-)
-
Dit sal regtig besonders lyk. Jy moet as julle dit doen asseblief 'n fototjie neem. :-)
-
Ek is so bly ek het die foto's hier geplaas van my tuiste. Dankie Raatjie, dat jy my hand gevat het en saam met my hierdeur kom wandel het. :love7:
-
Dit was 'n groot plesier matertjie. Die voorreg altooslik deur myne. Jou tuin is selfs op die fotos 'n ware oogfees!