Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on October 11, 2012, 03:42:44 PM

Title: Jê, dit reën.
Post by: PM on October 11, 2012, 03:42:44 PM
Hier het dit so pas begin reën.  Ek wip rond en bond.  Ek wou al digterlik raak toe die wolke so teen mekaar klots.  Daar is niks soos die reuk van nat grond nie. 
Dit sal wonderlik wees as ons baie reën kry om al die modder weg te was.  Julle sal nie glo nie, maar na drie en 'n half maande is alles nog vol modder.  Ek weet nie waar dit vandaan kom nie.  Ons skrop en skuur en as jy weer sien is daar modder!
Dit lyk amper na die tien dae perskereën. 
My dogter seg altoos, na drie dae onweer en reën wil sy haar polse begin kou.
Ek verlang na die dae toe my kinders in die huis was.  Dit was wet in ons huis, jy gaan speel buite by jou ma as dit reën!   :icon_biggrin:  Dit was groot pret. 
Title: Re: Jê, dit reën.
Post by: Miss Piggy on October 11, 2012, 04:44:49 PM
Ek kyk met seer oge na bo . . . paar druppels geval en toe is alles oor.

Ons het so baie stofstorms hier in die Vrystaat, dit voel my elke dag is begrafnis . . . "tot stof sal jy terugkeer . . . . "
Title: Re: Jê, dit reën.
Post by: PM on October 12, 2012, 04:10:14 AM
Ek is jammer vir julle, maar ek kan nie help om te lag oor al die prentjies wat ek "sien" nie. Stof...
Afrika is mos 'n plek van uiterste kontras.  Eers vrek jy van die "dors", dan reën dit ou meide met knopkieries.
Jy dink nog die somer het aangebreek, dan sneeu dit. Dis of vrekken koud of vrekken warm.  As dit vrekken koud is, waai die wind en as die kraaie gaap trek daar nie 'n luggie nie.  Ai tog!
Title: Re: Jê, dit reën.
Post by: Meraai vannie Baai on October 12, 2012, 07:51:47 AM
Ons ook heerlike reen gekry. En donderstorms en woeste winde ...en sneeu in Oktober in Suid Ausie!
Title: Re: Jê, dit reën.
Post by: PM on October 12, 2012, 10:19:26 AM
Dit lyk my daai tsunami het die aardbol geskuif!  Ek kla juis gister oor blare wat in die hefs moet afval wat in die lente aarde toe kom.   :dontknow: