Die Afrikaanse Forum
Digkuns => Digformules of -strukture => Topic started by: Meraai vannie Baai on October 11, 2012, 04:43:21 AM
-
Wolf-wolf.
Die Liewe Vader weet,
ek het nie meer raad nie!
Hoe gemaak met die sketevraat?
Hoor net van 'n kwaal;
sien jy hoe hul kwyl.
"Vertel my tog eers gou - hoe simptome knou."
Dadelik sien jy ore spits
en bak staan.
'n Merkie kan jy maak - op die almanak...
binne 'n week of twee, glo my vry;
biep-biep die foon, of kry jy 'n poskoetslyn.
Die Liewe Vader weet, ek het nie meer raad nie.
"Wolf wolf hoe laat is dit?"
lees die marmerskrif in swart op wit.
Vergewe my asseblief; ek dog dit was weer net bluf!
© Meraai vannie baai
'n Eenvoudige, maklike struktuur met sy variasie van twee-een, twee-een versreëls (onbeperk in totaal)
en 'n kombinasie van verskillende rymvorme op geen vasgestelde patroon nie. Een van die reëls word herhaal vir impak.
-
Baie goed gedoen Raaitjie. :notworthy:
Wie gaan nog saam speel? Ek sal 'n bietjie later probeer.
-
:hello2:
Laat mens dink Ta Raatjie.
:icon_bigsmurf:
-
My plek geboek liefste maters :notworthy: :love7:
-
En hier is PM se "twee-een, twee-een" :love7: :hello2: :notworthy:
Aan almal wat nie met my wil praat nie
ek skenk vir jul elkeen 'n forumsaadjie
plaas dit in die hand waarmee jy skryf
hou dit vas
as jy tik kan jy dit in jou handpalms sit
vou jou hande nou dig tesame
en skud
dit sal ontkiem en wortelskiet
om die mooiste woorde te dra
uit jou hart
bring dit asseblief na die forum
ek voel so eensaam en alleen
ek skenk vir jul elkeen 'n forumsaadjie...
-
Hê-hê, ek het die twee-een-ding gekry. Hier is dit!
Nou sien ek eers, ek het vergeet om 'n versreël te herhaal. :`ip2:
Raaitjie, kan jy asseblief die laaste versreël met
Ek skenk vir jul elkeen 'n forumsaadjie... vervang?
-
Ek het so gemaak matertjie. Het ook sommer vir jou die verse opgebreek in die twee-een formaat :love7: :book1:
-
Jy is 'n ster! Baie dankie Raaitjie. Dit is heerlik om die forum oop te maak en te sien jy is terug. :love7: