Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on October 10, 2012, 06:04:36 PM
-
ek stuur vir jou
'n bees se bulk, 'n skaap se blêr
en paddas wat hul aandlied kwaak
in 'n flessie saam gestoor
ek bring vir jou
pronkertjies en rosegeur,
lentebloeisels en vars nat grond
in wierookstokkies vasgevang
ek wys vir jou
'n bloedrooi newelwolk
wat in die eerste sonstraal blink,
sing saam met 'n goudgeel vink sy vreugdelied
as hy vroegdag die son kom roep.
ek gee vir jou
my offerliefde in 'n houtkom,
sit dit saggies
op jou altaartrappie neer.
ek wag vir jou antwoord
in die fluister van die wind
wyl luide eggo's van my hart
jou naam in oormaat roep
-
Pragtige offers. So mooi beeldend geskryf.
-
Dit is 'n fees om te lees, my tone krul. Dankie vir die deel Gawelientjie. Dit is in jou boek.