Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Ah Willa on October 03, 2012, 01:51:18 PM
-
Hello Julle
ek kan net vinnig in draf,
ek het nou alles as read gemerk
so as iets my aandag moet trek - plaas my oog daarop asb.
Dinge is nog erg onderstebo - maar nou dat ons weet wat is wat met Theo
het ons hulp gekry en is meer gefocus - dinge begin nou stadig weer normaliseer en in routine kom
Ek gaan probeer om elke dag ten minste 'n uur hier te kuier ...
maar vir nou moet ek gou gou draf
:toothy4:
-
NS - vir die wat nie my e-mail gekry het nie :
Theo is twee weke terug gediagnoseer met Autism en moontlik spraak apraxia - op die stadium neem hulle aan dis die rede hoekom hy nog nie praat nie.
nie die einde van die wereld nei - net 'n nuwe wereld
en nou verstaan ons hoekom daar nie slaap is nie - hulle kan mos nie sommer net afsluit nie - oefen en oefen - maar
nou het ons tools wat kan help :-)
tyd sal weer meer vriendelik wees :hello:
-
Sterkte Willa. Dink aan julle. Ek het probeer om met die ou skakel in te kom by die forum en kon nie regkom nie. Se net can not find link. Toe gaan ek op die Afrikaanse forum op FB en volg 'n skakel wat ek na een van die gedigstrukture geplaas het en walla, ek kon die forumsleutel draai en binne kom :love7:
-
Ek hoop nie dit is die rede dat hier so min ouens is nie Raaitjie.
Wils, alle sterkte vir julle. Ek is vreeslik jammer om te hoor van die probleem, maar is ook dankbaar dat dit gediagnoseer is, want nou kan 'n mens soek na oplossings.
Daar is mos 'n fliek, The Rain man, wat handel oor iemand wat autism het.
http://www.imdb.com/title/tt0095953/
Sterkte matertjies.
-
Baie sterkte.
-
Baie aan julle gedink Willa!! Een van die PH lyers in NZ se seuntjie is ook outisties en haar groot vrees is wat word van hom. My hart wou breek toe ek haar briefie lees :crybaby2:
-
Ek sal 'n briefie uitstuur via die forum en net vra dat enige iemand wat sukkel om forum te kry of in te kom,
vir Andre e-mail by andre@trusoft.co.za sodat hy dit kan ondersoek en foute reg maak
daar was 'n probleem (daar is nog steeds) met die DNS host server company -
hulle het nie terug gekom na Andre nie - so hy het toe gaan oplees en self geleer hoe om DSN te host,
so nou is ons web/forum hosting servers ook 'n DSN hosting server - ek is maar bietjie blond en verstaan nie
veel van dit - so sal hom vra om te kom verduidelik ... maar so ver ek weet is dit opgelos
Het Rainman gekyk - jare terug - 'n baie mooi fliek!
Ons sien dit glad nie as 'n probleem nie - dalk 'n challenge - maar nei 'n problem of tragedie nie. Einstein was bes moontlik ook Autisties - hy het eers op 7 begin praat en op skool het hulle gese hy mors die onnies se tyd - meeste ouens wat die lewe verander het - was deur onnies en mense beskryf en beskou as tyd mors ....
Kyk bietjie die nota:
(Jy gaan op FB ingelog moet wees)
https://www.facebook.com/notes/theo-truter-autistic-ally-beautiful/to-everyone-who-are-dyslexic/325825670848578?ref=notif¬if_t=note_comment
NS - ek gebruik ook nou die font fir dyslexic en dit help ongelooflik baie - alles lees nou baie makliker!! Daar is links na waar om die font af te laai vir jou rekenaar en ook hoe om dit op Chrome te installeer, dan lees alle websites met die font - maak nie saak wat die oorspronklike font is nie - awesome!!
-
Raaitjie hoe oud is haar seuntjie - hulle kan baie independant wees - daar is baie hoop en Outisme kan reverse
as ek hier vir haar kan wees - laat weet - sal graag help
-
Hang aan mater, ek gaan gou loer vir jou.
-
https://www.facebook.com/notifications#!/wendy.duff
Jy kan haar dalk briefie stuur Willa. Gemaklik in Engels gesels en jou voorstel. Glo sy gaan jou ook baie kan leer hulle stap al lang pad. Vroutjie met HOPE moed!!!
-
Ek is bly julle is so positief Willa. Dat dit 'n uitdaging is, is beslis lig gestel. Ek weet net dat jy en André die beste keuse was vir Die Direkteur se ouers. :icon_biggrin:
Dit is wonderlik dat daar mense is by wie 'n mens kan kersopsteek in sulke moeilike tye.
-
Raaitjie ek het haar op FB ge-inbox - so it is now really up to her :-)
Ja PM - dit help nie mens sit en mope nie - dis nie hoe mense challenges face nie - ons is baie bevoorreg om Theo se ouers te mag wees
en ek is so dankbaar ander het die pad reeds gestap en is daar soveel recourses vir ons en boon-op het God ons omring met prag vriende soos julle!