Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Die kiekiekyk plek => Topic started by: PM on September 20, 2012, 07:58:02 AM
-
Ek kyk vanoggend (uit pure nuuskierigheid) na die advertensies vir blyplek in Paternoster en ek sien hoe het die mooiste plek verander in 'n komersiƫle entiteit. Die hele atmosfeer is in sy glorie in! Sies man, sies. :crybaby2:
-
Het jy sneppie of skakel mater? Wil ook sien.
-
http://www.safarinow.com/destinations/paternoster/hub.aspx?utm_source=SilverpopMailing&utm_medium=email&utm_campaign=SeptemberSpring2%2BInitial%2B&source=7663&spMailingID=39738307&spUserID=MzQ0MzYxMjM5NTMS1&spJobID=159689970&spReportId=MTU5Njg5OTcwS0
Ek hoop jy kry dit hier.
-
Dit was so 'n mooi plekkie met sy eie atmosfeer. Kleurlinghuisies en visserboodjies wat smiddae laat uitgekom het. 'n Ou kon daar by hulle vis koop. Die hotel se kroeg was 'n besienswaardigheid en die winkeltjie het 'n bordjie voor die plek gehad waarop gestaan het "oep vir koep". Nou kan dit net nie meer dieselfde wees nie.
-
Ek sien wat jy bedoel!! Hartseer man. Weelde kan mos nie selfde atmosfeer koop nie :crybaby2:
-
Die meeste klein dorpies in die Weskaap het so "ontpop". Ek sou darem wat wou gee om hierdie jaar te kon gaan blomme kyk.
-
Watter Kapenaar kan kom vertel hoe die blomme lyk hierdie jaar?
-
Hierdie Kapenaar het nog nooit gaan blomme kyk nie.
:icon_bigsmurf:
-
Ek kan dit nie glo nie. Ons ry duisende myle om die blomme te sien.
-
Ek is nie 'n goeie toeris nie.
:icon_bigsmurf:
-
Jy hoef nie eers ver te ry nie. Net daar tussen jou en Langebaan is die Nasionale Park en daar is dikwels pragtige blomme.
Vat die pad deur die Nasionale Park en dan kom jy by Langebaan uit. Daar is ook pragtige blomme.