Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Louis se plek => Topic started by: Louis on May 19, 2011, 09:38:00 PM
-
Die sagtheid van jou wasige lig
die uitdrukking op jou gesig
verstom bemindes al vir millennia heen
en word deur sommiges met vrees bejeen
geruisloos volg jy jou wentelbaan
sien als wat onder jou aangaan
seker vir ons ook dopgehou
wyl ons liefdesblom ontvou
jy bly doosdstil maar se so veel
het jy geglimlag?
of het ek my dalk verbeel?
-
:angel8:
Lovely.
-
Dis baie oulik Louis.
seker vir ons ook dopgehou
wyl ons liefdesblom ontvou :icon_salut: