Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on September 07, 2012, 11:45:08 PM
-
Soms loop ek kaalvoet
deur dorings van selfverwyt,
struikel oor as-ek-maar klippe
tot 'n hekkie se toeklapslag
weer skel in my ore klink
Soms skep ek water
by putte van hoekoms,
gooi kruike vol waaroms
oor droƫ oorblyfsels van woorde,
maar geen sagte toemaarklanke
wil oor jou lippe blom
Soms dobber ek hulpeloos
in die stormsee van emosies,
voel ek magteloos alleen,
vir alle liefde verlore.
Soms wieg ek in kalm waters,
dryf rustig tussen gister en nou,
poleer met sagte glimlag
herinneringe aan jou
-
Oeeee, kry ek weer hierdie beeldende woorde onder oge :love7: :notworthy: Perrrfekte Digter's Eggo juffrou Gawie
-
Dit is baie goed geskryf. Die woorde en beelde roer aan my emosies. Boektoe.
-
Baie dankie getroue maatjies van my. Ek waardeer.
-
Eers weer kom lees aan die woorde wat my sielevensters opwasem :love7: :notworthy: :book1:
-
Ek stem. Dit is hierdie "unread posts" wat maak dat ek telkemale terug kom om weer te lees en weer te geniet.
Gawie, jy toor met die hoekoms, waaroms en kaalvoet deur dorings. Ek geniet matertjie.