Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Louis se plek => Topic started by: Louis on May 19, 2011, 09:31:41 PM
-
In die donker kamer van my hart
waar geen lied meer klink
en die lig al lank gestorwe
liefde, lewe, n flou herrinnering
van oudag lank gelede
van oudag tot noudag
is so baie tyd verspil
ek't gewonder of dit ooit kan reg
toe jy weg is - en die lewe stil
bietjie dag gelede sien ek n foto
dit skok my tot in my tone
begin soos n bang hond bewe
my mond is droog - my hart skoon kens
in die donker kamer van my hart
het n enkele helder noot gespeel
n dowwe liggie flits goud-geel
is dit die terugkeer van die lewe?
-
:angel8:
Sjoe, hou van die 'oudag tot noudag'.
-
O ja, en bietjie dag gelede dit is baie mooi gestel. Ek hou van jou woordgebruik Louis, dit is vars!
-
Wanneer die lewe terugkeer, is die res net deel van mens se loop. Baie mooi! :angel8: