In die donker kamer van my hart
waar geen lied meer klink
en die lig al lank gestorwe
liefde, lewe, n flou herrinnering
van oudag lank gelede
van oudag tot noudag
is so baie tyd verspil
ek't gewonder of dit ooit kan reg
toe jy weg is - en die lewe stil
bietjie dag gelede sien ek n foto
dit skok my tot in my tone
begin soos n bang hond bewe
my mond is droog - my hart skoon kens
in die donker kamer van my hart
het n enkele helder noot gespeel
n dowwe liggie flits goud-geel
is dit die terugkeer van die lewe?
:angel8:
Sjoe, hou van die 'oudag tot noudag'.
O ja, en bietjie dag gelede dit is baie mooi gestel. Ek hou van jou woordgebruik Louis, dit is vars!
Wanneer die lewe terugkeer, is die res net deel van mens se loop. Baie mooi! :angel8: