Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: adele on September 07, 2012, 07:14:20 AM
-
http://www.volksblad.com/MyVolksblad/JouStorie/Waarskuwing-Dis-Afrikaans-20120906
-
Dit is goed gedoen. Ek het sommer verdwaal in die blad en op 'n paar ander artikels ook afgekom. Dankie vir die deel Adele.
-
Afrikaans ingebed tussen lyne
gevul met die unieke landelike verlede
van ons voorgeslagte
wat deur swaarkry veredel is.
:notworthy: :love7: :hello2:
Kon nie help om haar woorde so in te span nie! Dankie vir die skakel Adele. Dit was nou pure leesgenot. Ek het dadelik in die aangehaalde gedig wat sy gebruik het, Louis se verse wat ek ook opgeneem het in die Marathongedig herken en toe bons my hart of ek so pas 'n marathon gehardloop het.
-
Pragtig Raaitjie. Die marathon was of naby klaar of pas afgehandel toe ek by Woes aangekom het. Jy kan gerus vir ons wat nie weet nie vertel hoe dit gewerk het.
-
Carol het met 'n voorstel gekom dat ons almal saam 'n bundel probeer skryf. Toe stel ek voor (16 Jun 2006) dat ons solank 'n oefenlopie aanpak: 'n Marathongedig as spanboupoging om Woes te boost en ons skrywers meer blootstelling te gee.
Sommer dadelik het ons die eerste drie verse ontvang net daar by die voorstel se kommentare en vandaar was die bal aan die rol en ons skryf in Afrikaans oor Afrikaans met die doel om die langste gedig in Afrikaans te skryf en die Engelse gedig se woordtelling verby te steek.
Willem het toe gevra dat ek die projekleier word en vir ons 'n erf geskep. Met klompie woesters wat elke week hulle gedigte vir my gestuur het, was dit 'n 12 weke spanpoging en ons het sukses behaal. Die Engelse rekord vir die langste gedig het 7,389 woorde en die Marathon-gedig het 8,828 woorde bereik!
Ek het die 6 temas gegee, wat al om die tweede week ingespan was. Al die gedigte wat ingestuur is, het ek probeer agtermekaar plaas sodat dit vloeiend lees. Soms was daar meer, en soms minder.
Die gedig sou baie langer gewees het as Willem my toegelaat het om al Louis Basson se gedigte oor sy liefde vir Afrikaans te plaas wat hy vir my goedgunstiglik toestemming gegee het, maar Willem se voorwaarde was dat die gedigte spesifiek vir die marathon geskryf moes wees en nie reeds elders geplaas was nie.
Temas vir marathon gedig:
Week 1 en 2
Ons liefde vir Afrikaans
en wat dit vir ons beteken
Week 3 en 4
Pret in Afrikaans.
Lekker lig tot selfs laf
Week 5 en 6
Diep uit die hart
soos ek voel
Week 7 en 8
Ons toer in Afrikaans
deur SA bv Karoo, Kus, Laeveld
Week 9 en 10
Die vreugdes in my lewe
bv. werk/stokperdjie/liefde en
dankbaarheid/skryf/dig
Week 11 en 12
Die pad vorentoe met Afrikaans
-
Ek glo dit het jou baie baie besig gehou. Sal jy dit ooit weer aanpak?
-
Besig gehou - beslis ja :toothy4: of ek dit weer sal doen? Hang af wie trek saam in die span!! Alleen en sonder spanwerk, kan mens maar vergeet! Die volgende projek wat die marathon opgevolg het, was ons - nou verdwene boek van woorde; siende dat ons hom soort van gaan oormaak :icon_biggrin: is ons vingerdiep alweer aan't ploeg met die ABC om opnuut te kan bewaar en uitstal :love7: :notworthy:
-
Dit op sigself is 'n grootse taak. Raaitjie, jy is werklik 'n ou staatmaker en gee nie moed op nie. Ons is so gelukkig om jou hier te hê. Ek wonder of jy ooit sal besef hoe baie ons jou waardeer.
-
:icon_bigsmurf: was dit nie vir jou inisiatief om hierdie erf vir ons moontlik te maak nie mater, was daar niks vir my om te wil oes en uitstal in ons nuwe woordskuur nie :notworthy: :icon_salut: :bootyshake: :love7:
-
Byt vas nooi, ons sal een van die dae die regte antwoord hê. Ek wag nog.
-
Ek doet voort. :icon_salut: