Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Louis se plek => Topic started by: Louis on May 19, 2011, 09:19:02 PM
-
Korreltjies woestynsand skerp geslyp
slaan hard en seer hier teen my been
met skreef-ogies tuur ek oor die woestyn uit
sand vloei soos water oor die duine heen
huilend, skreeuend kom die wind hier verby
van swaardra aan die sand op sy rug
sover hy gaan gooi hy sy vrag opsy
in die verte kom hy tot rus, met n sug
die duineveld nog gister bekend
se gelaat is vandag erg geskend
-
Louis weka... hierdie is 'n wenner.
:angel8:
-
Baie beskrywend, pragtig. Dankie
:angel12:
-
Eendag as ek groot is gaan ek ook so mooi skryf soos julle hoor! :bootyshake: Dankie Louis, dit is baie mooi. 'n Mens moet seker die ervaring hê om die omvang hiervan te besef. Ek wil graag 'n versreël uithaal, maar dit is alles ewe mooi. :hello2:
-
so skuif woestynduine met mening onder die winde se aanslag, skitterende werk hierdie. elke waai word so presies beskryf, ek voel daardie seer van die sand teen my bene.
:grommit:
-
Ek hou besonder baie van die ritme van die gedig. Baie beskrywend, maar terselfdertyd ook baie simbolies. Goed geskryf.