Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die kiekiekyk plek => Topic started by: Elizabeth on September 02, 2012, 05:28:11 AM

Title: Kiekies van kuns
Post by: Elizabeth on September 02, 2012, 05:28:11 AM
Ek pos 'n paar foto's van my gunsteling kuns: BOME hier.
Vir die lekker!
Title: Re: Kiekies van kuns
Post by: PM on September 02, 2012, 05:36:41 AM
Dit is voorwaar uitstekend gedoen.  Ek lief dit.  Dankie vir die deel Sussa.  Ek sien tot daar ver agter. 
As ek 1000 foto's van bome het, is dit omdat ek mal is oor bome.  Elkeen het sy eie "persoonlikheid".
Title: Re: Kiekies van kuns
Post by: Fransi on September 02, 2012, 07:57:44 AM
Lieflik gedoen!
Ja, ek glo ook 'n mens kry vriendelike bome waarin jy dadelik mag klim of aan vat en vrede ervaar, ander wil hĂȘ dat jy hulle eers beter leer ken.
Title: Re: Kiekies van kuns
Post by: Meraai vannie Baai on September 02, 2012, 11:35:53 AM
Lieffffflik!!! Ek verknus my gewoonlik in jou kwasstrepe Sussa. Sooo bly jy het dit vir ons ook hier kom uitstal. Nou kan ek elke keer eers gou 'n boom kom druk in die gees.
Title: Re: Kiekies van kuns
Post by: Angelica on September 02, 2012, 05:30:33 PM
Dankie vir die Share...
Title: Re: Kiekies van kuns
Post by: Elizabeth on September 03, 2012, 03:07:38 AM
Dankie vir al die warm woorde.... "verknus"....die mooiste een van almal! Raaitjie, pure digkuns....