Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Fransi on September 01, 2012, 09:33:17 AM

Title: Grillerig
Post by: Fransi on September 01, 2012, 09:33:17 AM
Ek wil vandag verder werk aan my transformasie skildery en my styl is 'n mengsel tussen realisme en simboliek. Tik ek toe by Google images "wounds" in vir die snye wat ek op my vroutjie se skouers moet skilder. Dit was 'n fout.
Title: Re: Grillerig
Post by: PM on September 01, 2012, 10:32:35 AM
 :icon_biggrin: 'n Groot fout.   :icon_biggrin: 
Jy moet asseblief kom deel as dit klaar is matertjie. 
Title: Re: Grillerig
Post by: Fransi on September 01, 2012, 06:11:22 PM
 :icon_biggrin:

Ek sal kom wys.
Title: Re: Grillerig
Post by: Meraai vannie Baai on September 02, 2012, 01:57:30 AM
Oe my plekkie geboek. Oudste seun het vir 'n naambrandwinkel ontwerpe gedoen en toe ek nou hier lees van die wonde onthou ek dadelik die een T-hemp ontwerp. Sal gaan soek en vir jou kom wys. Dit het boekdele gespreek. Kan nie wag om jou skepping te sien matertjie!!!
Title: Re: Grillerig
Post by: PM on September 02, 2012, 02:13:47 AM
Ja bring Sustertjie.  Die spreekwoord lui mos: van nuuskierigheid is die tronk vol en die kerk leeg.   :icon_biggrin:
Title: Re: Grillerig
Post by: Fransi on September 02, 2012, 08:08:39 AM
 :icon_biggrin:

Dankie, ek sal sien hoe ver vorder ek vandag. Die snye en kneusplekke is darem nou geskilder.

Ek is ook nou baie nuuskierig oor die T-hemp.
Title: Re: Grillerig
Post by: Meraai vannie Baai on September 02, 2012, 12:11:39 PM
So lyk die grillerige ontwerp van onse oudste

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/adriaansart2.jpg)

En hier is dit op die T-hemp

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/adriaandesign1.jpg)
Title: Re: Grillerig
Post by: Fransi on September 02, 2012, 11:49:58 PM
 :hello2:  :hello2:  :hello2:
Title: Re: Grillerig
Post by: Elizabeth on September 03, 2012, 03:00:55 AM
Baie oorspronklik!! Oudste mag maar!
Title: Re: Grillerig
Post by: Trapsoetjie on September 03, 2012, 10:57:54 AM
Baie goed gedoen. Wens ek was so kunstig.

 :angel12: