Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die kiekiekyk plek => Topic started by: adele on August 28, 2012, 07:58:01 PM

Title: oppad na my hek toe
Post by: adele on August 28, 2012, 07:58:01 PM
'n duiker by die hek se bos loer skeefweg terug, gereed te vlug...maar wanneer ek deur my kombuisvenster staar,
vergeet ek die vuil bord en wynglase onder die wit laag skuim... gryp na 'n kamera om rietbok se kuier te bevestig waar hy stil-stil 'n lêplek gaan skadu-soek het.

 :grommit:
Title: Re: oppad na my hek toe
Post by: PM on August 29, 2012, 03:52:15 AM
Wonderlik, ek sal darem wat wil  gee om sulke "troeteldiere" op my voorstoep te hê.  Dankie vir die deel Adéle. 
Title: Re: oppad na my hek toe
Post by: AB on August 29, 2012, 05:32:24 AM
wow dis bakgat om dit te beleef so by jou se blyplek
Title: Re: oppad na my hek toe
Post by: Fransi on August 29, 2012, 07:47:00 AM
Dit moet 'n belewenis wees! Pragtig.
Title: Re: oppad na my hek toe
Post by: Meraai vannie Baai on August 30, 2012, 12:10:04 PM
Liefffflik!!! Wat 'n voorreg en belewenis moet dit nie wees nie  :love7: :hello2: