Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on August 26, 2012, 01:17:45 PM

Title: Breiwerk
Post by: Naas on August 26, 2012, 01:17:45 PM
Klik klak, klikketie klak, klik klak...
taam po ennep eid iaaws seimtiR
en onder rek die patroon al langer
.yrk eikkelp eie ys keets ekle soos
Haar hande gekrom van ouderdom
sregniv rued low gidneheb feew
om vorm aan trui patroon te gee.
.kenlor ,smra ,tnapretga ,tnaprooV
Steek na steek word rye van liefde
uokretniw neet etmraw ni tisegmo
en nou gekoester in die wolkoekon
diehnegrobeg edervet eid ke raavre
Soos ongeborene in moederskoot.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Breiwerk
Post by: PM on August 27, 2012, 06:18:30 AM
Ek is mal oor jou "regs - aweregs" gedig Naas.   :hello2:  Dit is met soveel deernis geskryf en ek sien die dierbare Ouma Naas daaragter die penne.   :love7:
Title: Re: Breiwerk
Post by: Meraai vannie Baai on August 28, 2012, 12:05:19 AM
Dit is een van die kreatiefste woordskeppings wat ek in laaaaaank se tyd gelees het!!! Voorwaar 'n regs - aweregs vorm!!  :hello2: :notworthy: :love7: :book1: dit was juis 'n foto van ouma Naas met haar handgebreie trui wat my hart gesteel het lank gelede!
Title: Re: Breiwerk
Post by: Fransi on August 30, 2012, 07:31:55 AM
So waar Meraai. Elke keer wat ek hierdie gedig lees is ek vol verwondering.
Title: Re: Breiwerk
Post by: Gawelina on August 30, 2012, 05:02:42 PM
Ek kon my oge nie glo nie.  Eers dog ek Naas het te diep in die merrisynebottel gekyk, maar toe slaan my gedaaide blonde koppie oop en sien ek hoe vernuftig die man was.  Dis uitstekend!  Ek het ook dadelik vir oumatjie gesien.  Sy moet weer 'n slag kom kuier dat ek van my 4-draad wolle kan ontslae raak.
Title: Re: Breiwerk
Post by: Meraai vannie Baai on April 17, 2013, 01:27:51 AM
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=2793.msg18567#msg18567
 :notworthy: :hello2:  :book1:

Title: Re: Breiwerk
Post by: Naas on April 17, 2013, 09:18:34 AM
Slaan die harseer my nou met 'n breinaald...  :crybaby2:



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Breiwerk
Post by: PM on April 17, 2013, 10:09:16 AM
Jammer matertjie.  Jy mag maar hartseer wees, sy is elke traan werd. 
Title: Re: Breiwerk
Post by: Meraai vannie Baai on April 19, 2013, 04:21:34 AM
Dit is so0000 pragtig saamgestel Naas, ek het gesluk teen die trane toe ek die struktuur ook gaan uitstal by die strukture afdeling vir bewaring. :love7: :crybaby2:
Title: Re: Breiwerk
Post by: Naas on March 31, 2015, 11:28:45 AM
Ek verlang...


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Breiwerk
Post by: Angelica on April 11, 2015, 08:30:56 PM
Ai jai jaaai...
Ouma Naas.  Ek onthou haar daar bo in die lug by PM en Hannes toe hulle daar in Blouberg gebly het.   :crybaby2:
Title: Re: Breiwerk
Post by: PM on April 14, 2015, 10:28:29 AM
Ouma Naas het vir my 'n rok gebrei.  Julle wat my ken weet dit is 'n groot rok.  Die rok het lang moue.  Julle weet mos ek het lang arms.  Dit is 'n laaaang rok, dit kom tot op my tone.  Dit is die grootste liefdestaak wat iemand nog ooit vir my gedoen het.  As ek na my Ouma Naas verlang, dan gryp ek my rok en ek bêre my gatsig daarin en dan tjank ek soos 'n wolf vir die maan.  Al wat ek wou sê is dat ek verstaan dat die hartseer 'n mens deur 'n breinaald kan bykom.   :crybaby2:
Title: Re: Breiwerk
Post by: Anastasia on June 25, 2015, 05:33:22 PM
So slim gedoen. 
Title: Re: Breiwerk
Post by: Meraai vannie Baai on June 26, 2015, 11:16:49 AM
Toetentaal en al uniek ne  :love7: :hello2: :notworthy: