Ek,
Jy,
Ons twee.
Hand aan hand.
Tone in die klam sand,
lek sagte skuimtonge liefdevol oor ons wilpse voete
wyl ons bonsende harte sorgvry soos twee verliefde seeperdjies oor die deinings gallop
lek sagte skuimtonge liefdevol oor ons wilpse voete,
Tone in die klam sand,
Hand aan hand.
Ons twee.
Jy,
Ek.
:icon_bigsmurf:
Dit maak my hart warm om te sien dat jy weer 'n bietjie ink in jou pen het Naas. Dit is 'n prag voorbeeld en sal boek toe.
WOW! Lieflike weerkaatsde fibonacci Naas en ek stem 100 persent met PM. Dit is boektoe gehalte :notworthy: