Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on August 26, 2012, 01:04:48 PM

Title: Ons
Post by: Naas on August 26, 2012, 01:04:48 PM
Ek,
 Jy,
 Ons twee.
 Hand aan hand.
 Tone in die klam sand,
 lek sagte skuimtonge liefdevol oor ons wilpse voete
 wyl ons bonsende harte sorgvry soos twee verliefde seeperdjies oor die deinings gallop
 lek sagte skuimtonge liefdevol oor ons wilpse voete,
 Tone in die klam sand,
 Hand aan hand.
 Ons twee.
 Jy,
 Ek.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Ons
Post by: PM on August 27, 2012, 06:22:20 AM
Dit maak my hart warm om te sien dat jy weer 'n bietjie ink in jou pen het Naas.  Dit is 'n prag voorbeeld en sal boek toe. 
Title: Re: Ons
Post by: Meraai vannie Baai on August 28, 2012, 12:01:56 AM
WOW! Lieflike weerkaatsde fibonacci Naas en ek stem 100 persent met PM. Dit is boektoe gehalte  :notworthy: