Die Afrikaanse Forum
		Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on August 26, 2012, 01:01:05 PM
		
			
			- 
				Padkaart ogies kyk verdwaald,
 uit fokus uit in die verskiet.
 Sy lippe prewel ommoertaal
 en vertrek in al ko hol verdriet.
 
 Langs hom sit sy vrou en slinger
 Op maat van bottelsiek.
 Sterk gedrink en hoog vertoorn,
 Oom Tas het mos geen briek.
 
 Rede wat in druif se sap verdrink
 gee die spykerhaak vir vrou
 en dryf die witwyndraak
 tot daardie goedgemikte hou.
 
 Die spykerhaak kom af,
 tref die dronkaard op sy kroon.
 Sy sixpack word ‘n papsak
 En hy tuimel uit sy troon.
 
 Skielik sien die witwyndraak
 haar ridder is verslaan.
 Die bottelsiek sit om in heimwee,
 en met begrip van verstaan
 wieg sy hom in haar skoot.
 Smeek sy dat hy tog nie sal dood.
 
 Al brand die drank ons toorn,
 al suip ons tier se melk.
 Die liefde is in ons almal,
 In ieder en in elk.
 
 
 :icon_bigsmurf:
- 
				Uitstekend geskryf Naas.   :notworthy:
 
 Langs hom sit sy vrou en slinger   :icon_biggrin:
 
- 
				Baie goed geskryf.
			
- 
				In elke reel skitter die abc uniek ingespan Naas. Ek lieffffff hoe die rympatroon vloei ... ongesteurd,  sag op die oor en die verwikkeling tussen die lyn en vers rus swaar op die hart weens die onvermydelike einde. 
			
- 
				Ek stem Raaitjie.  Dit is 'n treffer.  Ommoertaal en bottelsiek
 
 Die liefde is in ons almal,
 In ieder en in elk.