Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die Gorrel plek => Topic started by: AB on August 25, 2012, 09:00:23 AM

Title: buite toilet
Post by: AB on August 25, 2012, 09:00:23 AM
Die buitetoilet

Die jong man wou sy meisie plaas toe nooi, maar was skaam vir die outydse buitetoilet . Hy't bly neul by sy pa vir 'n moderne, binnenshuise een, maar die oubaas wou nie kopgee nie. Uit pure desperaatheid glip hy een nag uit, plaas 'n klomp dinamiet agter die toilet en blaas die hele affêre in sy glorie.

Die volgende oggend aan ontbyt vra sy pa hom of dit hy was wat die toilet vernietig het en herinner hom terselfdertyd aan die storie van George Washington en die kersieboom.

"Ja, Pa," sug die seun. "Dit was ek."

"Ek's bly jy's so eerlik." sê sy pa. "En as straf moet jy onmiddelik die put vir nog een begin grawe."

"Maar Pa," protesteer die seun, "toe George Washington erken het dit was hy wat die boom afgekap het, het sy pa hom nie gestraf nie!"

"Ja, jy's reg," sê sy pa. "Maar George se pa was nie in die kersieboom toe hy dit afgekap het nie!"
Title: Re: buite toilet
Post by: Angelica on August 26, 2012, 11:17:02 AM
Whaaaaa...
Oh my word!!  Arme oubaas.
Seker lank gevat om skoon te kom na daardie paw paw die fan gestrike het.
Title: Re: buite toilet
Post by: PM on August 27, 2012, 06:46:37 AM
 :icon_biggrin:  O goeiste, toe vang slim sy baas.   :icon_biggrin:
Title: Re: buite toilet
Post by: Meraai vannie Baai on August 27, 2012, 11:36:54 PM
Eish!!  :icon_biggrin: moes 'n gatsig gewees het   :toothy4:

Baie van ons kampplekke het nog sulke buite geriewe en dit bring heelwat onwelriekende onthou's uit my kinderdae terug. Hier is die Ausie weergawe van 'n doefpoef-wittroon. 

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/nuwerwetsedoefpoefwittroon.jpg)