Die Afrikaanse Forum
		Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on May 18, 2011, 08:07:01 PM
		
			
			- 
				Hang tien
 
 Ritmies trek my arms
 lings, regs, lings, regs
 die branders in.
 
 Voel die bewing onder my
 soos my plank die see in gly,
 Lings, regs, lings, regs
 Verder, dieper, wagtend.
 
 Dan staan hy voor my op,
 hy is perfek vir my.
 Ek draai my plank en wag vir hom.
 
 Voel die plank se stert wat lig.
 Een, twee, drie, vier hale met die arms
 dan regop op die plank.
 Vinniger, afdraend, jagend.
 
 Die spoedwind streel my wange droog,
 hare nat, sliertend agterna.
 Blitsnel langs die waterwand.
 
 So stootjaag die brander my
 teen kop-af dolle vaart.
 Op en af ry ek hom
 wyl die sand al nader kom.
 
 Skielik gee hy op,
 verander in ‘n kalfie en gaan lê
 wyl ek stadig strand toe dryf.
 
 Dan draai ek om en
 ritmies trek my arms
 lings, regs, lings, regs
 die branders in.
 
 
 :icon_bigsmurf:
- 
				Jou Titel het my dadelik aan 'Hang Ten' laat dink en daarom branderplankry.
 :angel8:
- 
				Dit is uitstekend geskryf Naas.  Ek beleef die hele episode.   :notworthy:
 
 Julle twee kuier liederlik vroeg in die oggend!   :icon_biggrin:
- 
				Ek verlang na my mense in die Kaap!