Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on August 23, 2012, 05:25:53 PM

Title: Laat Winter in die Kaap...
Post by: Angelica on August 23, 2012, 05:25:53 PM
Wanneer gaan hierdie Kaapse Koue wyk?
Ek is darem nou al lekker 0-vol vir die koue, nat donkerte in ons mooie dorp.
Vandag was heerlik.  Het vol sonskyn gehad, maar die windjie is skraal.
En jy kan alreeds die koue front voel wat inbeweeg het.   :crybaby2:
Ek's 'n somer baba.  Soek son en hitte en warm sand en seelewe en berg en veld waarop die skimme bewe.

Title: Re: Laat Winter in die Kaap...
Post by: AB on August 24, 2012, 04:02:26 AM
as jy hier kyk sal jy sien die seisoen is effens aan die draai


http://www.accuweather.com/en/za/cape-town-legislative/306633/september-weather/306633?monyr=9/1/2012


ek is ook al lus om somer te hou

Title: Re: Laat Winter in die Kaap...
Post by: PM on August 24, 2012, 07:57:28 AM
Hier by ons was dit gister 29 grade.  Ons het amper kaal0 geloop.  Ons het nie eers kans gekry om stelselmatig aan die somer gewoond te raak nie, sommer tjoef-tjaf. 
Ek stuur vir julle Kapenaars 'n lugballonnetjie vol warm sonskyn.  Hoop julle sal dit geniet.   :love7:
Title: Re: Laat Winter in die Kaap...
Post by: PM on August 24, 2012, 08:01:28 AM
Ter verduideliking wil ek net die geheimekode  0  aan die nuwe lede verduidelik.  As jy hierdie teken sien, dan sien jy 'n O ('n gat)  Hierdie is 'n gesofistikeerde forum gat 0.   :bootyshake:  En dit is my 0.   :icon_biggrin: