skaamskeef hang jy, sekelmaan
met die melkweg in dofwitwaas
'n bruidsluier oor jou kop getrek
en sterrespansel diamantblinkers
oor jou kleed gesprinkel
wyl jou bolrondaardbollyf verskuil staan
in die donkerswart skadu van die nag
in stille afwagting op die rooiwang knipoog
van jou blinkoog jonkheer dag
Pragtig! Dit is iets besonders. Ek kan nie wag om te sien watter kunswerk jy hierby gaan gebruik nie.