Die Afrikaanse Forum
		Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => JeannedArc se plek => Topic started by: Jeannedarc on May 18, 2011, 05:09:04 PM
		
			
			- 
				skaamskeef hang jy, sekelmaan
 met die melkweg in dofwitwaas
 'n bruidsluier oor jou kop getrek
 en sterrespansel diamantblinkers
 oor jou kleed gesprinkel
 wyl jou bolrondaardbollyf verskuil staan
 in die donkerswart skadu van die nag
 in stille afwagting op die rooiwang knipoog
 van jou blinkoog jonkheer dag
 
- 
				Pragtig!  Dit is iets besonders.  Ek kan nie wag om te sien watter kunswerk jy hierby gaan gebruik nie.