Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on August 23, 2012, 10:11:39 AM
-
Hierdie is met my Engelse poskoetsie afgelewer. Ek het dit gou verkort en vertaal en hier is dit:
Vriende
Sou ek jou vrae vra
wie is die rykste man in ons land
wie het watter trofeƫ gewen
of wie is die mooiste meisie
wie is die slimste ouens met die meeste sertifikate
sou jy my kon antwoord?
Gister is verby
opskrifte vervaag
die podium loop gou leeg
die applous droog op.
Aanprysings en sertifikate
gaan saam met hul eienaars heen.
Wat werklik saak maak is:
daardie geliefde onnies wat jy onthou
die mense wat jou met liefde bystaan in moeilike tye
jou dierbare vriende.
Wie of wat maak die verskil?
Nie geld nie,
ook nie skoonheid nie,
nie die geleerdheid nie.
Bloot net
die wat omgee.
-
Absoluut!!
En daardie vriende hoef nie eens ryk, slim, mooi te wees.
Net... daar te wees as jy wil huil, of skinder, of koffie drink...
-
Ek hou van die skinner deel. Ek lieg, brag, skinner, huil en drink koffie OOK. :hello2:
-
Kosbaarder as korale is onse vrinne :love7: ons speel weer pop tot Maandag en terwyl die prinsie slaap kom 'leen' ek gou die kabouters se tikkertjie want ek wou eers gou kom kyk of hier nie 'n siel is wat dwaal en lus voel vir geselssie enne koffie. Kry ek die skat. Dankie vir die deel PM!
-
Nou toe, :coffee2: dit is net die regte tyd vir :coffee2:
En beskuit, en ek sien op die lys wys AB hoe om pannekoek te maak. Ek gaan gou daar loer, maar soos ek hom ken is dit weer 'n grappie. :icon_biggrin: