Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on August 18, 2012, 09:22:52 PM

Title: vandag is gister se môre
Post by: Gawelina on August 18, 2012, 09:22:52 PM
gister wou ek vir jou sê
hoe lief ek jou nog altyd het
en dat ek elke oggend vroeg
die reënboog herinnerings
uit die bloedrooi sonop skep

gister wou ek vir jou
‘n stywe drukkie gee
en met spierwit roosblare
‘n welkom matjie strooi

gister wou ek in donker nag
sag jou naam fluistersing
my arms om jou vou
en sê dat niks ons pad sou skei

gister wou ek vir jou sê
ek’s moeg gewag
moeg gehoop op ‘n besoekie,
‘n drukkie of ‘n lief-jou-soen

gister het ek besluit
ek sal alles môre doen
môre sal ek vir jou sê
ek gaan met my lewe aan

hier staan ek voor jou deur
‘n laaste kykie deur die venster,
‘n laaste lugblaas soen
‘n laaste lief-jou fluistersoen

vandag is gister se môre
ek sal dit môre doen
Title: Re: vandag is gister se môre
Post by: PM on August 19, 2012, 01:27:17 PM
Pragtig geskryf Gawelientjie.  Ek lief dit.  Dit is boektoe goed. 
Ek is van mening dat "reënboogherinnerings" een woord is.  Ek sou ook "lugblaas-soen" so skryf. 

Soms gebeur dit dat 'n mens se vandag gister word, maar dat die son nie vir jou more 'n nuwe dag sal aankondig nie. Kom ons doen dit wat ons wil doen, vandag.  :notworthy:
Title: Re: vandag is gister se môre
Post by: adele on August 19, 2012, 06:52:45 PM
dit is regtig mooi geskryf, Gaweliennntjie, seer, hoop, moedeloosheid? dit laat my dink hoeveel keer mens iets wil se' of wys aan iemand anders maar die tyd is nooit reg nie.

 :grommit: