Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: adele on August 11, 2012, 07:04:22 AM
-
kuier op Jan Kempdorp, Noord-Kaap
kon nie regtig vooraf reel nie omdat ek nie geweet het wat die program gaan wees nie, maar toe ry ons daardie kant toe, geniet die eerste tekens van die Kalahari en gaan drink koffie by Gawie, met die heerlikste spesiale skons.
-
Lekker! Dit is 'n heerlike plek om te kuier en ek wens ek was ook daar. Eendag gaan ek nog daardie bus huur! :wave:
-
My dogter is deesdae in Doughlas se wereld. Is dit naby aan julle?
-
Dit was die heerlikste verrassing. Dankie Adele vir die voorreg.
PM, ek dink ons moet 'n kuier inkry. Smaak my altevol baie ek kry onttrekkingsimptome.
Blouetjie, Douglas is 220 km van ons af, maar ons is langs jou pad as jy soontoe ry. Ek het groot geword op Douglas, maar laat ek jou vertel, dis nie naastenby so mooi of so lekker soos by ons nie.
-
Sjoe, jy praat! Dit sal darem nou lekker wees! As BB weet wat ek weet sal hy beslis daar langs ry.
Wat in my mores lĂȘ, sal net elke more self kan vertel.
Glo dit as jy wil, ons reservoir het vandag weer die helfte van sy water verloor. Gelukkig het dit ons hierdie keer misgeloop.
-
Jinne PMpie dis 'n groot genade!
Sjoe 220 km is nogals 'n distansie. Is jan Kemp nie wes van Douglas nie want ek is doodseker van Pretoria af ry mens nie JKD deur oppad Douglas toe nie of is ek nou heeltemal die pad byster???
-
Hehehe nee Blouetjie, jy is nie helemal deurmekaar nie. As jy Klerksdorp, Wolmaranstad, Bloemhof, Christiana, Warrenton, Kimberley, Douglas ry, dan is ons net so klein uitdraaitjie uit die pad uit. Van Christiana af so 30 km en van Warrenton so 25 km. Sien jy draai by Christiana af na ons toe en dan kuier jy gou bietjie en dan ry jy van ons af Warrenton toe, en dan is jy weer op die groot pad na Kimberley. Dan het jy sommer weer moed vir daai ellelange 100 km doodvervelige pad van Kimberley af Douglas toe. Na al die jare, het daardie pad wragtag nog niks verander nie. Dis een dooie stuk niks. Eish, skuus, maar ek hou nog steeds nie van Douglas nie.
Ongelukkig is ons so bietjie uit die koers uit.
-
:icon_biggrin: Hou koers Gawelientjie, hou koers! :icon_biggrin:
Ek sou enige tyd daai entjie uitgedraai het vir 'n kuier by jou.
BB, as ek net 'n prentjie van water sien dan skrik ek! :icon_biggrin: